Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sê asseblief ja vir SAL-redplan, pleit regering
Krediteure moet Dinsdag stem of hulle die sakereddingsplan vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens gaan aanvaar of nie. Foto: Argief

Krediteure, vakbonde en ander belanghebbers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) moet Dinsdag asseblief ten gunste van die staatsbeheerde lugdiens se sakereddingsplan stem.

So het die departement van openbare ondernemings Maandag gesmeek voordat die SAL se sakereddingspraktisyns Dinsdag ’n vergadering met die krediteure hou om oor die plan te stem.

’n Meerderheid van 75% moet ten gunste daarvan stem om dit goed te keur. As dit nie gebeur nie, sal die SAL gelikwideer moet word, het die departement gewaarsku.

Die DA-parlementslede Alf Lees en Ghaleb Cachalia het op hul beurt die naweek ’n beroep op die krediteure gedoen om die plan te verwerp.

Die departement voer egter aan die gewysigde reddingsplan is die enigste realistiese opsie waaruit krediteure en werknemers die beste voordeel kan trek, hetsy deur van hul skuld terug te kry of deur skeidingspakkette wat werkers sal kan kry wat afgelê word. Die kabinet het ook al sy steun toegesê aan ’n poging om finansiering van verskeie bronne te kry om die sakereddingsplan te finansier, insluitend van potensiële vennote wat ’n belang in die nuwe lugdiens wil koop wat in die ou SAL se plek sal moet herleef. Die SAL sal nog R10 miljard nodig hê om dié plan te laat realiseer.

Die nasionale tesourie het vroeër aangedui daar is nie meer ekstra geld oor vir die SAL buiten dit waarvoor daar reeds in Februarie se begroting voorsiening gemaak is nie. Dit was die R16,4 miljard wat eintlik bloot bedoel is om die SAL se langtermynskuld af te betaal.

Die departement voer egter aan enige verdere vertragings om vir die plan te stem of die verwerping van die plan sal die behoud van 1 000 werkgeleenthede, skeidingsvoordele vir afgelegde werkers en skuldterugbetalings aan krediteure in die gevaar stel.

Volgens die departement sal likwidasie beteken krediteure gaan heelwat minder uitkry. Alle werknemers sal dan afgelê moet word en elkeen sal net R32 000 kry en niks meer nie, ongeag hoe lank hulle by die lugdiens gewerk het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.