Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wagte soek 170% meer as loonaanbod

Loononderhandelinge tussen werkgewers en sekerheidspersoneel het in duie gestort, maar ’n bemiddelingsproses kan nog ’n staking in dié belangrike sektor afweer.

Onderhandelinge het reeds in Augustus begin tussen werknemers en die Suid-Afrikaanse Nasionale Vereniging van Sekerheidswerkgewers (Sansea). Volgens Fidelity, ’n lid van Sansea, het dit “geen positiewe uitkoms bereik nie”.

Fidelity ADT-sekerheidswagte in Gauteng staan by hul voertuie. Foto: ADT

Die samesprekings fokus op die onderhandeling van nuwe diensvoorwaardes, asook salarisse en lone.

Die vergaderings het onder die toesig van die nuut gevormde bedingingsraad vir die sekerheidsbedryf geskied.

Dié raad dwing nou ’n verpligte bemiddelingsproses op wat hopelik ’n kompromis kan help vasstel, sê Fidelity Donderdag in ’n verklaring.

“Die eise wat namens werknemers ingedien word, is onrealisties en bevat onbereikbare voorwaardes en salarisverhogings binne die huidige ekonomiese klimaat,” sê Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelity.

"Die verskil tussen die aanbod en die eise vir salarisse is nou sowat 170%," sê Bartmann.

Die bedingingsraad sal die bemiddelingsproses op 1 Oktober begin.

Sansea sal aanhou met gesprekke in ’n poging om ’n “ooreenkoms te bereik wat tot die voordeel van alle partye sal strek,” sê Bartmann.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.