Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sementmaker se finanshoof loop
Tryphosa Ramano, finansiële hoof van PPC, wat nou bedank het.Foto: City Press

Tryphosa Ramano het bedank as finansiële hoof van die sementvervaardiger PPC.

Ramano verlaat PPC teen einde Oktober om persoonlike belange na te streef nadat sy agt jaar by die maatskappy gewerk het, het PPC in ’n Sens-verklaring aangekondig.

Sy word opgevolg deur Ronel van Dijk as waarnemende finansiële hoof. Van Dijk is ’n geoktrooieerde rekenmeester wat as finansiële bestuurder by die restaurantgroep Spur gewerk het. Sy het in Maart verlede jaar by Spur bedank en is later as nie-uitvoerende direkteur van Adcorp en Grand Parade Investments aangestel.

Ramano het ’n groot rol gespeel om PPC internasionaal te laat uitbrei, en het PPC in die direksies van sy filiale in Ethiopië, Rwanda, Zimbabwe en die Demokratiese Republiek van die Kongo verteenwoordig.

Sy het ingestem om as PPC steeds as konsultant te help om kontinuïteit te verseker.

Ramano sou waarskynlik in aanmerking kon kom om as die nuwe uitvoerende hoof van PPC aangestel te word. Sy het luidens berigte koppe gestamp met Ketso Gordhan, wat van 2013 tot 2014 uitvoerende hoof van PPC was.

Meer oor:  Ppc  |  Bedanking  |  Sement  |  Finansiële Hoof  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.