Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Shoprite begin werkers se koors meet

Die Shoprite-groep meet nou sy werknemers se koors voordat hulle begin werk in ’n poging om sy winkels veilig te hou gedurende die Covid-19-pandemie.

Ook Shoprite-groep se personeel werk nou met gesigskerms op.

Die groep het ook begin met mobiele klinieke om gesondheidsdienste aan sy personeel te verskaf wat dit benodig. As ’n werker se koors hoog is, word die persoon verwys na die mobiele kliniek vir ’n konsultasie en indien nodig vir ’n toets.

Die personeel van verskaffers, veiligheidswagte en skoonmakers se koors word ook gemeet voordat hulle begin werk.

Die groep het verlede week soos ander winkelgroepe plastiekgesigskerms aan personeellede verskaf.

Vier klinieke is reeds in diens by die verspreidingsentrums in Brackenfell, Canelands, Centurion en Cilmor. Vyf mobiele klinieke is in Gauteng en vier in die Wes-Kaap in plek gekry. Nog agt van die klinieke kom in die komende weke in KwaZulu-Natal, Limpopo en die Vrystaat.

Die klinieke word toegewys aan digbevolkte woongebiede en waar staatsklinieke onder groot druk is.

“Ons doen proaktiewe stappe om ons werkers en klante te beskerm, terwyl ons voortgaan om ’n noodsaaklike diens te lewer om voedsel vir die land te verskaf,” sê Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof van Shoprite.

Sedert die eerste geval in die land aangemeld is, het hulle begin met streng higiëne en ontsmetting in al sy bedrywighede en dit geld steeds in sy winkels, pakhuise en kantore.

Klante word gevra om hul hande te ontsmet wanneer hulle winkels besoek en by die kasregisters. Weggooibare ontsmetlappe om trollies skoon te maak word ook verskaf.

Die gesigskerms wat personeel aan het, word elke uur ontsmet. Al die kasregisters en betaalpunte word ook gereeld ontsmet.

Die aanbevole afstand tussen mense om die virus se verspreiding te bekamp, word streng gemonitor en veiligheidswagte handhaaf toegangsbeheer van klante in die winkels. Die winkels gee ook prioriteit aan polisie en gesondheidspersoneel.

Daar is spesiaal betaalpunte vir ouer mense opsy gesit. Ouer mense hoef ook nie in die rye te wag om by die winkels in te gaan nie, verduidelik die groep in ’n verklaring oor wat sy veiligheidsmaatreëls in die stadium behels.

Meer oor:  Shoprite  |  Koors  |  Supermarkte  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Kleinhandel  |  Winkelgroepe  |  Toetse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.