Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Shoprite beloon werkers met bonus van R102 m.
Een van Shoprite se werknemers.

Die Shoprite-groep gaan sy werkers ’n “bonus uit waardering” vir hul harde werk gee om te verseker rakke en winkels bly vol.

“Ons werkers is belangrike rolspelers in die taak wat voorlê en die groep wil hulle beloon vir hul onvermoeide poging om seker te maak ons rakke word met kos en ander noodsaaklikhede vir ons 29 miljoen klante gevul,” sê Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof, in ’n verklaring.

Die bonus gaan vir werkers in winkels en in sy verspreidingsentrums.

Paniekaankope het groot druk op winkels geplaas om seker te maak die voorraad in winkels word so vinnig moontlik weer aangevul.

Die groep sê die bonus is aangekondig nadat pres. Cyril Ramaphosa ’n beroep op groter ondernemings gedoen het om na hul werkers om te sien.

Die bonus word op 2 April betaal.

Hy het weer ’n beroep op klante gedoen om verantwoordelik te wees met hul aankope.

“Die leë rakke wat gesien word, sal gevul word omdat ons verspreidingsentrum genoeg voorraad het en nuwe voorraad kom gereeld by die winkels aan.

“Ons het ook ons bestellings verhoog en het nuwe en bykomende verskaffers gekry.

“Ons doen alles moontlik om seker te maak ons deur bly oop, ons winkels bly veilig en ons pryse bly laag.”

Meer oor:  Shoprite  |  Covid-19  |  Bonusse  |  Maatskappye  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.