Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Shoprite: Christo Wiese gaan uittree

Die Shoprite-groep het in ’n verklaring aangekondig dat Christo Wiese sy voorneme bekend gemaak het om op die volgende jaarvergadering as voorsitter uit te tree.

Wiese
Christo Wiese (78) verlede Maandagoggend voor Shoprite-groep se jaarvergadering begin het. Hy is al 28 jaar voorsitter van die groep. Foto: Nellie Brand-Jonker

Hy is al 28 jaar voorsitter van die groep.

“Die direksie is van mening dat die volgende voorsitter van die groep in ooreenstemming met goeie korporatiewe bestuur onafhanklik moet wees,” lui die verklaring.

Dit is ’n siening wat Wiese steun, word gesê.

Hy is nie onafhanklik nie omdat hy ’n groot belang in die maatskappy hou.

Dramatiese gebeure het verlede week in die Shoprite-groep afgespeel toe ’n baie groot persentasie van die gewone aandeelhouers in die groep teen Wiese se herverkiesing as direkteur gestem het.

Net sy spesiale stemaandele het verseker dat hy herverkies is. Hy is daarna ondanks groot teenkanting deur gewone aandeelhouers op die direksievergadering, wat ná die jaarvergadering plaasgevind het, tot voorsitter herverkies.

Twee dae daarna het die hoof- onafhanklike direkteur onverwags bedank. Ontleders meen dat dit met die gebeure verband hou.

Die Shoprite-groep sê in die verklaring dat sekere veranderinge aan die direksie onmiddellik op 15 November in werking tree. Dit behels onder meer dat dr. Anna Mokgokong as die hoof- onafhanklike direkteur en lid van die vergoedingskomitee aangestel word.

Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof van die groep, word ook tot die groep se nominasiekomitee as verteenwoordiger van die bestuur gekoöpteer.

“Die direksie het met ’n formele proses vir die hersamestelling van die direksie begin om die bestaande direksie met addisionele vaardighede en kundigheid aan te vul.

“Soos op die groep se onlangse jaarvergadering aangedui is, is opvolgbeplanning ’n sleutelprioriteit vir die direksie.

“Dit word beaam deur Wiese wat aangedui het dat hy van voorneme is om op die volgende jaarvergadering as voorsitter uit te tree.”

Wiese het verlede week aan Netwerk24 gesê hy sal nog aanbly as ’n direkteur selfs al word ’n ander voorsitter verkies.

Meer oor:  Shoprite  |  Christo Wiese  |  Direkteur  |  Direksie  |  Voorsitter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.