Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Shoprite: ‘Dankie vir hulp met opruim’

Te midde van toe winkels en leë winkelrakke in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng het Shoprite die versekering gegee dat hy hard werk om winkels te herbou en voorraad weer aan te vul.

DURBAN, SOUTH AFRICA - JULY 12: Ransacked Shoprite
’n Geplunderde Shoprite-winkel in Durban se middestad. Foto: Gallo Images

Die groep sê in ’n verklaring ook hy is baie dankbaar vir klante, insluitend dié wat uitgereik en aangebied het om te help opruim.

Winkels wat in die onrus geplunder is, sal heropen word “sodra dit veilig is vir sowel klante as werknemers”.

Die groep verseker dat winkels in die res van die land soos normaalweg sake doen en “volle voorraad het”.

“Hoewel ons geraak is deur die geweld, plundery, brandstigting en vandalisme, doen ons alles in ons mag om rakke so gou as moontlik te hervul.”

Die groep het die wetteloosheid veroordeel. “Dit raak die lewe en lewensbestaan van miljoene wetsgehoorsame burgers en teiken ondernemings, klein en groot, wat positiewe bydraes tot die ekonomie en werkskepping lewer.

“Die chaos en vernietiging is álmal se verlies, veral in ’n land waar ’n swak ekonomie en werkloosheid hoogty vier, dinge wat deur die pandemie vererger is. Die onrus maak ons uitdagings, insluitend voedselsekerheid, net erger.”

Hy bedank ook sy werknemers vir hul voortgesette diens en dat hulle “meer as hul plig doen onder uiters beproewende omstandighede”.

Meer oor:  Shoprite  |  Kleinhandelaars  |  Plundery En Geweld  |  Kos  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.