Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Shoprite-hoof verkoop R7,6 m. se aandele

Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof van Shoprite, het byna R7,6 miljoen se aandele in dié winkelgroep verkoop.

Checkers
Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof van die Shoprite-groep.

Hy het 41 910 gewone aandele op 9 September teen gemiddeld R180,70 per aandeel op die ope mark verkoop.

Die maatskappy sê die aandele verteenwoordig slegs 4,71% van Engelbrecht se totale aantal aandele in Shoprite soos op 4 Julie. Ná vanjaar se toekenning van aandele-opsies besit hy 954 643 aandele, oftewel byna 0,2% van Shoprite se uitgereikte aandele.

Die aandele is verkoop “as deel van die diversifikasie van sy beleggingsportefeulje”.

Shoprite se aandeelprys het tot dusver in 2021 met 38% gestyg. Dit het ook Dinsdag effens gestyg en sowat 0,2% hoër op R181,31 gesluit.

Shoprite is Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar wat ook onder meer Checkers, OK en Usave besit. Die groep se verkope was in die boekjaar tot 4 Julie R168 miljard, 8,1% of R12,6 miljard méér as in die vorige boekjaar, ondanks herhaalde perke op drankverkope in die boekjaar.

In dieselfde Sens-verklaring waarin Engelbrecht se transaksie bekend gemaak is, toon Shoprite hoeveel aandele-opsies vanjaar aan sy topbestuur uitgekeer is vir prestasie, retensie en “medebelegging”. Dié aandele vestig oor drie jaar.

Engelbrecht se 2021-opsies is vir 107 859 aandele en is nagenoeg R19,95 miljoen werd.

Anton de Bruyn, finansiële hoof, se aandele-opsies is nagenoeg R7,3 miljoen werd en Joseph Brönn, adjunk- uitvoerende hoof, s’n sowat R6 miljoen.

Meer oor:  Shoprite  |  Pieter Engelbrecht  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Covid-19  |  Drankverkope  |  Kleinhandelaars  |  Staat Van Inperking  |  Kos  |  Kleinhandel  |  Koronavirus  |  Kruideniersware  |  Winkels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.