Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Shoprite kry opvolger vir Christo Wiese ná dekades

Die Shoprite-groep het ’n opvolger vir sy voorsitter, Christo Wiese (79), ná 29 jaar in die rol gekry. Dit volg op ’n dramatiese jaarvergadering ’n jaar gelede waarin ’n groot aantal aandeelhouers teen hom gestem het.

Sy eie aandele, wat meer stemme dra, het uiteindelik verseker dat hy ingestem bly as direkteur.

LEES OOK: Hier is die redes vir die teenkanting teen Wiese

Dit is nou boonop ’n vrou wat as die aangewese voorsitter voorgestel word, naamlik Wendy Lucas-Bull. Dit sal die eerste keer wees in die geskiedenis van die groep. 

Christo Wiese, billionaire and chairman of Steinho
Christo Wiese Foto: Getty Images

Die Shoprite-groep se direksie het haar van 1 Oktober af as ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur en aangewese voorsitter aangestel.

Aandeelhouers stem op 16 November oor haar aanstelling.

Sy sal ook onafhanklik wees, iets wat Wiese nie kon wees nie weens sy groot aandeelhouding.

Onderhewig aan haar verkiesing sal die direksie op sy vergadering ná die jaarvergadering haar as voorsitter aanstel.

Wiese gaan op die direksie aanbly as nie-uitvoerende direkteur, maar aftree as voorsitter nadat die jaarvergadering afgehandel is.

Lucas-Bull is tans voorsitter van Absa.

Shoprite beskryf haar as kundig as ’n voorsitter en as nie-uitvoerende direkteur weens die talle direksies in die private en openbare sektor waarin sy dien en gedien het.

Sy was ’n internasionale vennoot van Andersen Consulting (nou Accenture); ’n uitvoerende direkteur van RMB Holdings en uitvoerende hoof van FirstRand Limited se afdeling wat First National Bank, WesBank, Outsurance, Firstlink en First National se filiale in Afrika ingesluit het.

Sy is die stigter en direkteur van die Peotona Group en Peotona Development.

Haar vorige nie-uitvoerende direkteurskappe sluit in Barclays plc, Anglo American Platinum, die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika, Alexander Forbes, Eskom, Nedbank, Telkom, Aveng (adjunkvoorsitter), Lafarge Industries (voorsitter), die South African Markets Advisory Board, Discovery, Dimension Data plc en die Momentum-groep.

Sy is tans voorsitter van die Absa-groep, Absa Bank en Absa Finansiële Dienste.

Wiese sê Lucas-Bull se kundigheid, ervaring en leierskap sal tot wesenlike voordeel vir die direksie en die groep wees.

Shoprite-groep het bevestig Wiese is sedert die vroeë 1990’s voorsitter van die spesifieke maatskappy en dit word ook so op die groep se webtuiste aangedui. 

Jaarverslae toon hy was in die 1980’s al voorsitter van Shoprite met 'n ander registrasienommer.

Wiese het 10 September 79 jaar oud geword. 

Meer oor:  Shoprite  |  Christo Wiese  |  Wendy Lucas-Bull  |  Supermark  |  Winkelgroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.