Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Shoprite val met 9% weens swak syfers

Shoprite se aandeelprys het Dinsdag ’n stewige knou gekry nadat die groep ’n skerp daling in sy wins en dividend aangekondig het.

Die aandeel het in ’n stadium meer as 9% tot net R127 geval. Die aandeel is nou op die laagste vlakke sedert 2011, agt jaar gelede.

A customers carries a Shoprite-branded shopping ba
Shoprite het sy dividend drasties – met meer as ’n derde – gesny weens ’n skerp daling in die kleinhandelgroep se wins. Foto: Getty Images

Shoprite het sy dividend drasties – met meer as ’n derde – gesny weens ’n skerp daling in die kleinhandelgroep se wins.

Die groep – wat onder meer Shoprite-, Checkers- en Usave-winkels insluit – kon sy verkope vir die boekjaar tot einde Junie met 3,6% tot meer as R150 miljard verhoog. Sy bedryfswins het egter met 8,2% tot R6,911 miljard geval, sy handelswins met 14,3% tot R6,876 miljard en sy netto wins met 18,2% tot R4,271 miljard. Die groep se basiese verdienste per aandeel het met 19,6% tot nagenoeg R7,81 geval.

Die groep het sy dividend met 34,2% tot R3,19 per aandeel gesnoei, van R4,84 in 2018.

In Suid-Afrika – waar die Shoprite-groep byna 74% van sy geld verdien – het verkope met 4,9% gestyg; vergelykbare verkope (dus nuwe winkels of winkels wat gesluit is, uitgesluit) het met net 1,9% gestyg.

Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof, sê die groep se syfers is afgerem deur die “goed gedokumenteerde uitdagings in die eerste helfte van sy boekjaar”. Dit het ingesluit ’n staking by sy pakhuise en probleme met sy nuwe IT-stelsel.

Engelbrecht sê net in die laaste kwartaal van sy boekjaar was verkope 9,4% hoër.

Nog syfers
  • R5: Die groep het die afgelope jaar ’n rekordaantal gesubsidieerde etes en brode vir minder as R5 elk verkoop. 53 miljoen maaltye en 58 miljoen brode is só verkroop.

  • 3 175: Die aantal nuwe werkgeleenthede wat Shoprite die afgelope jaar geskep het. Die groep het nou meer as 150 000 werknemers.

Die groep is besig om Checkers te herposisioneer met ’n groter fokus op vars produkte. Landwyd is 21 winkels al opgegradeer na die FreshX-formaat en Engelbrecht sê hulle is ingenome met die resultate. Checkers probeer baie hard om hoërinkomste-klante van Woolworths en Pick n Pay af te rokkel.

Verbruikers bly egter onder druk en die groep as geheel het pryse met gemiddeld net 1,2% verhoog in al sy winkels. Teen einde Junie was 9 679 produkte goedkoper as ’n jaar gelede.

Elders in Afrika het Shoprite ’n verlies van R265 miljoen gely. Hiperinflasie in Angola, swak geldeenhede en tekorte aan buitelandse valuta eis hul tol en Engelbrecht sê hulle voorsien geen verligting op kort termyn nie.

Die groep sê hy bly verbind daartoe om sake te doen in die 14 lande buite Suid-Afrirka waar hy winkels het, maar beoog geen geografiese uitbreiding nie.

Meer oor:  Shoprite  |  Checkers  |  Pieter Engelbrecht  |  Kleinhandelaars  |  Winkelgroep  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.