Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Shoprite se plastiek ‘is oor 5 jaar alles groen’
Die Shoprite-groep was die eerste kleinhandelaar in Suid-Afrika wat plastieksakke wat heeltemal van herwonne plastiek gemaak is, in sy winkels begin gebruik het.

Die Shoprite-groep het hom daartoe verbind dat al sy plastiekverpakkings oor vyf jaar herbruikbaar of herwinbaar sal wees.

Die winkelgroep besef watter invloed plastiek op die omgewing het, sê Sanjeev Raghubir, Shoprite se hoof van volhoubaarheid.

“Verbruikers verwag al hoe meer herwinbare verpakking en hulle verwag deursigtigheid van kleinhandelaars oor die omgewingsinvloed van bedrywighede van begin tot einde,” sê Raghubir.

Van begin November af word plastiek wat teruggestuur word na sy verspreidingsentrums gebruik om plastieksakke mee te vervaardig. Altesame 3 995 ton plastiek is van sy winkels af teruggestuur na drie verspreidingsentrums waar dit versamel word. Dié plastiek word dan omgeskep in korrels wat vir die vervaardiging van die groep se 100% herwinde en herwinbare drasakke gebruik word.

Raghubir verwag in die huidige boekjaar gaan meer as 4 000 ton plastiek na die verspreidingsentrums teruggestuur word vir herwinning.

Volgens Raghubir is net een van Shoprite se inisiatiewe ten opsigte van die herwinning en hergebruik van plastiek.

In die afgelope boekjaar het die groep:

  • 645 miljoen herwinbare plastieksakke verkoop, wat 100% bestaan uit reeds gebruikte produkte. Dit verseker dat meer as 7 000 ton plastiek nie op stortingsterreine beland nie.
  • 855 000 herbruikbare “planeet”-sakke van R3 is verkoop. R200 000 is aan klante teruggegee vir die hergebruik van dié sakke.
  • 3 995 ton plastiek en 33 658 ton karton is deur Shoprite se verspreidingsentrums herwin; en
  • 2 781 ton kartonverpakking is in vennootskap met ’n ander kleinhandelaar hergebruik.

In 2013 het die Shoprite-groep die eerste kleinhandelaar in Suid-Afrika geword wat begin het met die vervaardiging van ’n plastieksak wat heeltemal van herwonne plastiek gemaak en as sodanig geverifieer is.

Shoprite, Checkers en Usave het die “planeet”-sak teen die einde van 2018 bekend gestel. Dit word heeltemal van herwonne plastiek gemaak en verbruikers kry 50c afslag op hul inkopies as die sak hergebruik word in een van die groep se winkels.

Meer oor:  Shoprite  |  Checkers  |  Plastiek  |  Verpakking  |  Karton
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.