Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Shoprite: Só daal Wiese se gewone aandele in 3 jaar
Christo Wiese Foto: Jaco Marais

Die gewone aandele wat Christo Wiese, voorsitter van die Shoprite-groep, in die maatskappy hou, het die afgelope drie jaar drasties gedaal.

Die jaarverslag van die groep, wat Vrydag uitgereik is, het gewys Wiese se gewone belang in die groep was einde Junie vanjaar op 10,7%. Dit is vanaf die 16,8% wat hy die afgelope drie jaar gehou het.

Die pensioenfonds vir staatsamptenare is nou die grootste gewone aandeelhouer in Shoprite.

Ondanks die drasties afname in die gewone aandele wat Wiese nou hou, het hy steeds die grootste stemreg.

Die Shoprite-groep het twee soorte aandele – gewone aandele en uitgestelde aandele, wat groter stemreg het.

Wiese besit die uitgestelde aandele en het saam met sy gewone aandele ’n stembelang van 42,3% in die groep, is onlangs berig.

Sy gewone aandele moet bo 10% bly, of hy verloor al die aandele met die spesiale stemreg. Dit beteken Wiese se gewone aandele is baie na aan die kerf waaronder hy die spesiale stemaandele kan verloor.

LEES OOK: Shoprite: Só na is Wiese aan dié stemreg verloor

Die direksie van die groep het Wiese vroeër vanjaar genader met ’n transaksie ten einde dié aandeelstruktuur tot niet te maak. Die transaksie is laat vaar omdat te veel gewone aandeelhouers teen die prys van die transaksie gekant was.

LEES OOK: ‘Buitensporige’ prys sink Shoprite se plan

Die transaksie sou daarop neerkom dat Wiese R3,3 miljard se gewone aandele sou kry.

Daar is al voorheen berig Wiese het in Desember 2017 baie van sy Shoprite-aandele verkoop ná die ineenstorting van Steinhoff. Sy aandeelverkope in die nasleep van die Steinhoff-gebeure het sy getal aandele van 101,3 miljoen einde Junie 2017 tot 82,2 miljoen aandele einde Junie 2018 gebring.

Einde Junie vanjaar het hy 63,2 miljoen gewone aandele gehou.

Die verskil van byna 19 miljoen aandele met wat verlede jaar in die jaarverslag aangekondig is, hou verband met ’n transaksie met afgeleide instrumente op die aandele. Die transaksie is net voor einde Junie 2018 gedoen en was glo te laat om ingesluit te word in die vorige jaarverslag.

Meer oor:  Steinhoff  |  Shoprite  |  Christo Wiese  |  Markus Jooste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.