Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sigaretmakers stry oor prys van pakkie skywe

British American Tobacco Suid-Afrika (Batsa) beskuldig Gold Leaf van belastingontduiking met Gold Leaf se voorstel dat die minimum prys van ’n pakkie sigarette vasgestel word op R22.

Foto: Pixabay

Batsa het vroeër gesê die regering moet ’n minimum prys van R28 instel as teenvoeter vir die sluikhandel in sigarette.

LEES OOK: ‘Stel minimumprys van R28 vir sigarette in’

Batsa sê Gold Leaf Tobacco Corporation (GLTC) se voorstel van R22 is lagwekkend.

In ’n verklaring skryf Batsa navorsing wat hy gebruik wys die laagste prys vir ’n pakkie van 20 sigarette om steeds ekonomies regverdigbaar te wees, is R26,55.

“Ons gee erkenning aan Gold Leaf wat saamstem ’n minimum prys sal die sluikhandel in sigarette beveg, maar glo hul voorstel is belaglik en net ’n verdere aanduiding dat GLTC steeds van plan is om Suid-Afrikaners in te doen deur belasting te ontduik.”

Johnny Moloto, hoofbestuurder van Batsa, beweer GLTC se voorstel wys net weer dat hulle die land se belastingwette minag.

“Aangesien die invorderbare belasting op R22 minstens R21,54 is, sê GLTC eintlik hulle kan die koste van onverwerkte materiale, vervaardiging, verspreiding en kleinhandelmarges dek met net 35c en steeds ’n wins maak. Dit is nie ’n sakestrategie nie, dit is ’n swak poging om belastingontduiking weg te steek.”

Volgens Batsa wys navorsing deur die South Africa Tobacco Transformation Alliance (Satta) enige prys onder R26,55 maak uit ’n ekonomiese en kommersiële oogpunt nie sin nie.

Suid-Afrika se wettige tabakbedryf veg teen sigarette wat landwyd vrylik, maar onwettig verkoop word vir minder as R25 ’n pakkie en tot so min as R6.

Meer oor:  Sigaretverkope  |  Sigarette  |  Batsa  |  Mededinging  |  Tabakbedryf  |  Ipsos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.