Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sigarette: Fita dink oor pad vorentoe ná uitspraak

Die vereniging wat talle plaaslike sigaretvervaardigers verteenwoordig, die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita), het die uitspraak in Kaapstad se hooggeregshof deur ’n volbank regters oor die verbod op tabakverkope verwelkom.

sigarette, sigaretverbod
Die verbod op sigaretverkope was ongrondwetlik, het die hof onlangs beslis. Foto: Jaco Marais

Sinen Mnguni, voorsitter van Fita, sê die hooggeregshof het bevind dat regulasie 45 op vlak 3 van die staat van inperking nie aan die Grondwet voldoen nie.

Volgens hom het die hof ook bevind dat regulasie 45 nie nodig was of dat dit die doelstellings van die Wet op Rampbestuur bevorder het nie.

Die uitspraak verlede week is in die hofsaak gegee wat deur British American Tobacco South Africa (Batsa) en ander applikante gebring is.

Mnguni sê dit was ook een van Fita se argumente in sy hofsaak teen die verbod dat regulasie 45 nie die doelstelling van die Wet op Rampbestuur bevorder nie, maar dat ’n volbank regters in die hooggeregshof in Pretoria verkeerdelik bevind het dat dit nodig was.

“Ons sal die volgende paar dae die uitspraak met ons regsverteenwoordigers bestudeer om te bepaal of dit enige ander gevolge op ons organisasie en sy lede kan hê.

“Die uitspraak word deur almal in die bedryf verwelkom, maar dit is wel nogal jammer dat rolspelers in die bedryf geen ander keuse gelaat is as om die howe te nader nie omdat die regering in ’n grondwetlike demokrasie botweg geweier het om voor en gedurende die verbod met die bedryf te skakel.”

Die verbod het vyf maande geduur.

Hy sê die verbod het uiteindelik net gelei tot die “eksponensiële groei in onwettige sigarette” met baie misdaadsindikate wat in ander aktiwiteite betrokke was wat na die sektor gelok is omdat dit betreklik maklik is om sigarette oor die landsgrense te smokkel.

“Dis feitlik onmoontlik vir wettige sigaretvervaardigers om mee te ding met hierdie sindikate, wat die mark met hul sigarette oorstroom.”

Volgens hom lei hulle uit skakeling met wetstoepassingsagentskappe af dat daar “geen plan van die regering is om die probleem op te los nie”.

Meer oor:  Fita  |  Koronavirus  |  Sigaretverbod  |  Inperking  |  Sigarette  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Sigaretverkope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.