Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sigarette: Polisie moet nou aanlyn ‘smokkel’ bekyk

Tax Justice South Africa (TJSA) sê hy het Dinsdag bewyse van twyfelagtige praktyke deur die sigaretmaatskappy Gold Leaf Tobacco Corporation aan die polisie, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die departement van gesondheid oorhandig.

Caesar-sigarette word soos Gold Leaf se goedkoopste handelsname ook teen R22,50 per pakkie verkoop terwyl aksyns op so ‘n pakkie R20,35 is.

Dit kom nadat Yusuf Abramjee, stigter van TJSA, die naweek gesê het hulle het gevind Gold Leaf verkoop nou sigarette regstreeks op die internet, wat strydig is met die Wet op Tabakbeheer.

Abramjee voer aan Gold Leaf maak nie seker die klante wat op die internet met hom sake doen, is wel 18 jaar of ouer nie.

Boonop verdink hy Gold Leaf van belastingontduiking omdat sy sigarette teen so min as R22,50 per pakkie verkoop word, wat gratis landwye aflewering insluit, terwyl die aksyns op ’n pakkie van 20 sigarette R20,35 is.

Gold Leaf vervaardig sigarethandelsname soos Chicago, Voyager, RG en Sharp.

Gold Leaf het nog nie op e-posnavrae gereageer nie. Sinenhlanhla Nguni, voorsitter van die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita), waarvan Gold Leaf ’n lid is, het beloof Fita sal vandeesweek met Gold Leaf skakel om seker te maak die maatskappy se bemarkingsmetodes voldoen aan die wetgewing wat tabakhandel reguleer.

Hy het egter ook uitgevaar teen wat Fita beskou as ’n smeerveldtog teen kleiner onafhanklike plaaslike sigaretvervaardigers, terwyl groot internasionale tabakmaatskappye hul markoorheersing ten alle koste wil behou.

Nguni het Gold Leaf se bemarkingsmetode beskryf as ’n gerieflike manier om klein ondernemings en entrepreneurs te help om ’n bestaan te maak uit die verkoop van sigarette, in die lig van die talle mense wat hul werk weens die Covid-19-inperking verloor het.

Caesar word vervaardig deur Best Tobacco Company en is soos Gold Leaf ook lid van Fita.

Op Gold Leaf se webblad kan mense registreer as sogenaamde “retail trade partners” om sigarette te bestel. Hy meld wel dat belasting ingesluit is in die pryse.

’n Ander gewilde sigarethandelsnaam, Caesar, is ook tydens die inperking waarin tabakverkope verbode was teen R22,50 per pakkie verkoop. Caesar word vervaardig deur Best Tobacco Company, wat ook lid is van Fita.

Caesar is in ’n Ipsos-peiling van 2018 beskryf as die tweede gewildste sigarethandelsnaam onder Suid-Afrikaners naas Gold Leaf se RG.

Die Ipsos-peiling het in 2018 bevind dat RG asook Caesar destyds vir net sowat R10 per pakkie verkoop is, en dat dit as onwettige sigarette bestempel kon word aangesien dit minder was as die aksyns van R17,85 per pakkie wat in daardie belastingjaar aan die SAID verskuldig was.

Mnguni het ontken dat enige van Fita se lede belasting ontduik.

Meer oor:  Gold Leaf Tobacco  |  Staat Van Inperking  |  Sigaretverkope  |  Koronavirus  |  Vlak 3  |  Tabakverbod  |  Sigaretverbod  |  Vlak 4  |  Inperking  |  Sigarette  |  Tabak  |  Covid-19  |  Tabakbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.