Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sinkende skip: Nóg Denel-direkteure bedank

Die direkteure van Denel is besig om links en regs te bedank en die jongste bedanking sluit selfs die wapentuigvervaardiger se voorsitter in.

’n Denel Cheetah-vliegtuig. Foto: Defence Web

Monhla Hlahla, voorsitter van Denel, het bedank, asook Nonzukiso Siyotula, nie-uitvoerende direkteur van die maatskappy.

Dit kom op dieselfde dag wat daar geen staatshulp vir die sukkelende staatsonderneming aangekondig is tydens Tito Mboweni, minister van finansies, se begrotingsrede nie.

Denel, wat so beleërd is dat hy al vir amper ’n jaar nie sy werknemers, insluitend direkteure en bestuurslui, ten volle kon betaal nie, het gehoop nog ’n reddingsboei is op pad.

Direkteure bedank ook waarskynlik omdat daar tans ’n hofuitspraak dreig wat kan beteken die ganse direksie van Denel word twee maande lange tronkstraf opgelê vir hul versuim om ingevolge ’n hofbevel van Augustus alle agterstallige salarisse aan sy werkers te betaal.

Direkteurs is al besig om van die begin van die jaar af te bedank.

Die totale getal bedankings vir die jaar staan nou al op ses – insluitend die waarnemende uitvoerende hoof, Talib Sadik, wat bedank het net ná sy ampstermyn as hoof oop 21 Februarie geëindig het.

Denel sê hy is nou ywerig op soek na nog ’n voorsitter, maar sukkel reeds meer as ses maande om ’n permanente uitvoerende hoof op te spoor. Hy het op 22 Februarie nóg ’n waarnemende hoof vir ses maande aangestel.

Meer oor:  Denel  |  Wapenvervaardiger  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.