Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sita ‘teiken ouer werkers om af te tree’
Sita-werkers wat naby of oor hul aftreeouderdom is, word gevra om af te tree.

Ouer werknemers van die regering se inligtingstegnologie-agentskap, Sita, vrees hulle word geteiken in dié agentskap se pogings om personeel te verminder.

“Ons word herhaaldelik gesê die ideale ouderdomsgroep by Sita moet om en by 35 jaar wees,” sê een van die sestigplussers wat in die laaste tyd briewe ontvang het om te waarsku dat hul aftrede naby is.

“Dink net wat dit doen aan die moreel.”

Tahir Maepa, adjunkbestuurder van ledesake by die Vereniging vir Staatsamptenare (VSA), sê sy vakbond is nie in kennis gestel van afleggings nie, maar volgens Rapport se inligting het Sita reeds nagenoeg 200 werknemers gedwing om af te tree omdat hulle reeds verby aftree-ouderdom is.

Nog 50 werknemers ouer as 60 het briewe gekry.

Dit is volgens Lucky Mochalibane, Sita-woordvoerder, nie om hul diens te beëindig nie, maar om hulle te herinner dat hul aftreedatum nader kom. “Geen gesprekke is met enige vakbonde hieroor gevoer nie, want ons dank nie mense af nie.”

Die VSA voer aan Sita kan nie eensydig geldige kontrakte beëindig bloot op grond van ouderdom nie. Die probleem is dat Sita-werknemers aan verskillende pensioenfondse behoort, sê Maepa. Sita het nie ’n aftreebeleid wat vir almal geld nie omdat werknemers lede van verskillende pensioenfondse was voordat hulle in die agentskap saamgevoeg is. Vir dié wat lid is van die staatspensioenfonds en Denel se aftreefonds, is die aftree-ouderdom 65. Sita se eie pensioenskema het 60 as aftree-ouderdom.

In ’n onlangse voorlegging oor Sita se toekoms het dr. Setumo Mohapi, uitvoerende hoof, gesê die agentskap se personeel van 3 191 moet met 989 werknemers verminder word ter wille van toekomstige groei.

Meer oor:  Sita  |  It  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.