Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sixty60 lewer nou Krispy Kreme se oliebolle af

As die lus vir ’n Amerikaanse oliebol jou oorval terwyl jy van die huis af werk, kan jy nou sommer een bestel vir kitsaflewering.

Laat jou oliebolle aflewer betyds vir teetyd. Foto: Checkers

Checkers het ’n vennootskap met Krispy Kreme aangekondig waardeur mense oliebolle met die Sixty60-app kan bestel en binne ’n uur laat aflewer.

Vir eers is Krispy Kreme net beskikbaar vanaf enkele Checkers-winkels, maar dit gaan mettertyd uitgebrei word.

Winkels waar Krispy Kreme reeds of binnekort bestel kan word, is:

  • Wes-Kaap: Hyper Brackenfell
  • Gauteng: Blueberry Square en Woodlands-boulevard
  • KwaZulu-Natal: Hyper Gateway

Binne maande sal die volgende Checkers-winkels ook Krispy Kreme kan aflewer:

  • Wes-Kaap: Constantia, Stellenbosch, Seepunt en Durbanville
  • Gauteng: Castle Gate, Neighbourhood, Rosebank en Hyper Sandton
  • KwaZulu-Natal: Mount Richmore Village en Cornubia

Individueel verpakte oliebolle vir spesiale geleenthede sal ook eersdaags by sekere Checkers Hyper-winkels bestel kan word. Vir eers is dié diens tot die groep se vlagskipwinkel, die Checkers Hyper Brackenfell, beperk.

Die oliebolle word elke dag vars by Checkers afgelewer.

Checkers het reeds vennootskappe met Kauai en Starbucks, wat albei stalletjies binne groot hipermarkte het.

Meer oor:  Checkers  |  Krispy Kreme  |  Sixty60  |  Kleinhandel  |  Kosaflewering  |  Kitskos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.