Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Skepe kan vir 5 weke nie brandstof in PE aflewer
Rajesh Dana, bestuurder van die Port Elizabeth-hawe. Foto: Argief

Weens herstelwerk sal geen olietenkskip in die volgende vyf weke brandstof by die brandstofdepot in die Port Elizabeth-hawe kan aflewer nie.

Die nodige herstelwerk het Maandag by die depot begin en die depot wat tot 25 Maart gesluit sal wees, het Rajesh Dana, hawebestuurder, bevestig.

Die ondersteunende staalraamwerk van die toegangsroete se loopvlak na die brandstofdepot moet weens roes versterk en herstel word.

Volgens Dana het die Transnet Nasionale Haweowerheid (TNPA) die besluit geneem ná uitgebreide konsultasiesessies met die onderskeie oliemaatskappye wat vanuit die Port Elizabeth-brandstoftenkplaas werk, asook die Suid-Afrikaanse Brandstofbedryfsvereniging (Sapia).

Met die herstelwerk binne die hawe sal geen vaartuig brandstof kan aflewer nie.

Met die herstelwerk binne die hawe sal geen vaartuig brandstof kan aflewer nie, maar die brandstoftenkplaas op die land sal voortgaan met die verskaffing van brandstof aan plaaslike afsetpunte. Indien die brandstoftenkplaas se bronne sou opdroog voordat die herstelwerk voltooi is, sal brandstof waarskynlik vanuit Oos-Londen na Port Elizabeth aangery word.

Dana het bevestig die kapasiteit by die Oos-Londen-hawe is voldoende om die ekstra lading te kan hanteer.

Die TNPA het ook die oliemaatskappye aangemoedig om voorrade in Port Elizabeth aan te vul.

Dana sê die maatskappye het TNPA die versekering gegee dat maatreëls in plek is om die nodige brandstof vir die Nelson Mandelabaai-metro te verseker. Hy sê dit is ’n prioriteit en die TNPA sal gedurende die tydperk weekliks met die oliemaatskappye vergader om die vordering te bespreek, asook om enige probleme uit die weg te ruim.

Avhapfani Tshifularo, uitvoerende direkteur van Sapia, het nie Maandag onmiddellik op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Brandstof  |  Skepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.