Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Skoor-ondersoek: Bank ‘sal saamwerk’

Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (Obsa) “respekteer” die parlement se besluit om bewerings teen hom te ondersoek en belowe sy volle samewerking.

Bantu Holomisa
Genl. Bantu Holomisa, leier van die UDM, het verskeie bewerings van wanbestuur en korrupsie teen die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika gemaak.

Obsa het Woensdag gereageer op die besluit van die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) om tóg met ’n ondersoek na die bewerings deur genl. Bantu Holomisa, leier van die UDM, oor wanbestuur en korrupsie by die bank voort te gaan.

Obsa sê in ’n verklaring hy verwelkom die geleentheid om in die beoogde ondersoek met Skoor en alle ander relevante wetgewende instellings saam te werk omdat dit hom inderdaad ’n “unieke geleentheid bied om finaal en onomwonde die bewerings verkeerd te bewys”.

Die bank het ook beleggers in sy effekte op Sens, die JSE se nuusdiens, van sy verklaring hieroor in kennis gestel.

Volgens die bank het hy verskeie stappe gedoen om sy regte en reputasie te beskerm deur die bewerings proaktief aan te pak. Dit sluit die aanstel van onafhanklike kundiges in wat die bewerings sal ondersoek.

Dit volg op Holomisa se briewe aan Skoor met bewerings oor belangebotsings wat betref sekere lenings wat die bank toegestaan het, wanbestuur met sekere beleggings, asook oor die aanstelling van Enoch Godongwana, hoof van die ANC se komitee oor ekonomiese transformasie, as voorsitter van Obsa se direksie in Oktober verlede jaar.

Daarna het van die bestaande Obsa-direkteure bedank of is hulle glo uitgedwing.

Tito Mboweni, minister van finansies, het vroeër aan Skoor verduidelik dat hy geen fout gevind het met hoe die Obsa-direksie verander is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.