Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Skuld bly bitter pil vir suikerreus

Tongaat Hulett se aandeelprys het die dag op die agtervoet begin ná ’n aankondiging deur die suikergroep dat hy sukkel om sy skuld te delg.

Vrydag is ’n sperdatum vir skuldterugbetaling, maar Tongaat is byna R2 miljard kort op ooreenkomste met krediteure.

Tongaat Hulett, wat die welbekende suikerhandelsnaam Huletts vervaardig, het onlangs 25 000 ton se produksie by sy aanleg verloor.

Die groep het ook gewaarsku probleme by sy suikeraanleg het insetkoste laat styg, wat ’n impak op sy finansiële resultate gaan hê. Die waarde van die verlies kon egter nog nie aan aandeelhouers gegee word nie.

Die groep se aandeelprys het Donderdagmiddag kort ná die aankondiging met 20% geval. Dit het uiteindelik selfs verder gedaal en die dag 22,8% laer op R7,99 gesluit. Dit het die vorige dag op R10,35 gesluit.

Dit het Vrydag op R8,40 geopen, dadelik verder geval tot R7,56, maar teen 11:30 tot R8,89 gestyg.

Tongaat se aandeelprys het die afgelope vyf jaar met meer as 93% getuimel nadat boekhoubedrog by die maatskappy onthul is.

k

Die groep het Donderdag aangekondig dat R6 miljard se skuld teen 31 Maart terugbetaal is. Hy het ooreenkomste onderteken wat eindelik altesame R6,56 miljard sal losmaak. Hy kon egter nie die teiken haal om ooreenkomste te sluit wat R8,1 miljard vir skuldterugbetalings losmaak nie.

Dit moet ooreenkomste wees soos die verkoop van bates waaruit skuld gedelg kan word.

Volgens die verklaring is die datum vir die ooreenkomste vanaf 31 Maart tot 30 April geskuif om wanprestasie van die terugbetalingsooreenkomste te voorkom.

Die partye is nou in ’n gevorderde stadium van onderhandelinge om die getekende ooreenkomste van R8,1 miljard te verlaag na R6,4 miljard, wat sal beteken Tongaat het reeds die teiken gehaal.

Tongaat het teen September verlede jaar sy netto skuldlas tot R10,5 miljard verminder.

Die reuse-skuldlas is die gevolg van die boekhou-skandaal wat in 2018 oopgevlek is toe die groep ’n nuwe uitvoerende hoof gekry het. Strafregtelike klagte is sedertdien teen lede van die destydse direksie ingestel.

Die verlies aan suikerproduksie spruit uit probleme met prosesse en kontroles wat by die groep se aanleg ondervind is. Die aanleg vervaardig ’n groot deel van Suid-Afrikaners se suiker en daar is vroeër besluit om dit nie vir sy jaarlikse instandhouding af te skakel nie, maar eerder te wag totdat die seisoen begin afneem later in die jaar.

Die ekstra druk wat dit egter op die aanleg geplaas het, het probleme veroorsaak en 25 000 ton suiker is verlore.

Deur die aanleg wel vir eers in gebruik te hou, is 40% meer suiker vir die 2021-boekjaar vervaardig. Dit kom neer op 450 000 ton teenoor die verwagte 304 000 ton.

Meer oor:  Tongaat Hulett  |  Suikerbedryf  |  Kosvervaardigers  |  Suiker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.