Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Skuldeisers soek R50 m. van vorige Lotto-firma

Skuldeisers eis meer as R50 miljoen by Gidani International, Suid-Afrika se vorige Lotto-operateur.

dobbelbedryf, dobbel
Gidani bedryf nog die lotery in Tanzanië, maar is glo bankrot. Foto: Unsplash

Een van hulle beweer in hofstukke wat by die hooggeregshof in Pretoria ingedien is, Gidani is net ’n leë dop sonder bates.

Gidani se Suid-Afrikaanse filiaal het die Lotto van 2007 tot 2015 bedryf, maar dié lisensie is toe aan Ithuba toegestaan. Gidani kon dit nie met ’n hofgeveg terugkry nie. Die maatskappy het in 2015 die lisensies bekom om Malawi en Tanzanië se nasionale loterye te bedryf.

Die maatskappy Afrikings Africa van Irene in Gauteng het Gidani International in Oktober 2018 voorlopig laat likwideer.

Die hof het Gidani nou twee weke kans gegee om hofstukke in te dien om ’n finale likwidasie te probeer afweer. Die saak word op 28 Mei bereg.

Afrikings beweer Gidani, onder prof. Bongani Khumalo se direkteurskap, skuld hom miljoene vir die Tanzaniese projek.

Jan van Zyl, Afrikings se uitvoerende hoof, sê in hofstukke hulle verskaf handelsbemarking en advertensiedienste aan kliënte.

Gidani het Afrikings in November 2015 aangestel om op dié manier te help met die Tanzaniese lottoprojek.

Gidani het in Januarie 2016 begin sukkel om Afrikings se rekeninge te betaal.

Van Zyl sê dis duidelik Gidani International is kommersieel en feitelik bankrot. Volgens ’n aktesoektog beskik hy oor geen vaste bates nie.

Sover hy weet het die maatskappy ook nie genoeg roerende bates om die skuld mee te kan delg nie.

Afrikings het in Junie 2017 die eerste keer ’n likwidasieaansoek teen Gidani ingedien, maar ’n paar weke later ’n skikking met Khumalo bereik.

Van Zyl sê Gidani het in die destydse skikking erken hy skuld Afrikings R6,2 miljoen plus rente.

’n Verwante entiteit van Gidani, Global Gaming, het volgens die skikking onderneem om R1 miljoen teen 22 November 2017 te betaal. Die balans sou daarna oor 12 maande afbetaal word.

Global het namens Gidani die betalings begin doen.

Toe Januarie 2018 se paaiement nie betaal is nie, het hy Khumalo laat weet dat die “regsproses sal aangaan”. Die uitstaande skuld was toe amper R5 miljoen plus 11,25%-rente per jaar.

Van Zyl sê Gidani skuld ander krediteure meer as R46 miljoen, onder wie Barrows Design & Manufacturing wat onderskeidelik R12,7 miljoen en R21 miljoen in die hooggeregshof in Durban van hom eis.

Gidani gee egter voorkeur aan sekere skuldeisers. Hy het drie maatskappye in Tanzanië betaal vir advertensies, buitelug-advertensieborde en videomateriaal van loterytrekkings, sê hy.

Afrikings hou aktes van borgstelling wat deur Global en Khumalo verskaf is vir die skuld, sê Van Zyl.

Meer oor:  Gidani  |  Bongani Khumalo  |  Dobbelbedryf  |  Dobbel  |  Likwidasie  |  Lotto
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.