Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Slegte skuld knou nóg ’n bank se syfers

FirstRand, moedermaatskappy van FNB, het Donderdag die derde bankgroep geword wat waarsku sy boekjaar gaan beroerd lyk weens ’n verwagte skerp styging in swak skuld.

FNB sê baie van sy kliënte moes reeds finansiële hulp kry weens die staat van inperking. Foto: Reuters

Hoewel daar nog ’n maand oor is van sy boekjaar, kan die groep “met redelike sekerheid” sê sy verdienste en wesensverdienste gaan meer as 20% laer wees as in 2019. Genoteerde maatskappye moet die mark inlig wanneer hulle seker is van sodanige afwyking.

Die grootste rede vir die laer wins is die afskrywing van slegte skuld – en meer nog, die verwagting dat slegte skuld gaan toeneem.

Verbruikers gaan oor die volgende 12 tot 18 maande al hoe meer onder druk kom weens die pandemie en gepaardgaande inperking. Selfs al sluit die 2020-boekjaar slegs drie volle maande in wat deur die pandemie geraak is (vanaf April), moes voorsiening vir kredietverliese reeds aansienlik verhoog word.

Die verlaging in rentekoerse – met altesame 2,75 persentasiepunte – het die bank se rente-inkomste verminder en daar was ook weens die inperking ’n skerp daling in nie-rente-inkomste, dus grootliks uit debiet- en kredietkaart- en betaalpunttransaksies.

Die groep verseker dat hy genoeg kapitaal het, meer as die wetlik vereiste minimum.

FirstRand se resultate word na verwagting op 10 September uitgereik.

Standard Bank en Absa het ook die afgelope weke gewaarsku dat die Covid-19-krisis ’n speek in hul wiel is.

In vergelyking met Maart is daar in April 38% minder transaksies by kitsbanke en 61% minder transaksies binne takke gedoen, volgens Standard Bank.

Absa het aangekondig dat hy vanjaar geen voljaardividend gaan uitkeer nie om kontant te bewaar.

Slegte skuld by dié bank was reeds in die eerste vier maande van die jaar dubbeld wat dit in dieselfde tydperk verlede jaar was. Mense sukkel veral om hul persoonlike lenings en kredietkaartskuld te betaal.

Ondanks die swakker syfers het sowel die Reserwebank se verslag oor finansiële stabiliteit as ’n PwC-verslag oor banke aangedui dat Suid-Afrikaanse banke staande sal bly in die storm.

Meer oor:  Fnb  |  Firstrand  |  Covid-19  |  Banke  |  Vlak 3  |  Bankbedryf  |  Inperking  |  Staat Van Inperking  |  Krediet  |  Koronavirus  |  Wanbetaling  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.