Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sappies klim saam in die bed

Die topbestuur van Suid-Afrikaanse Brouery (SAB) en Diageo Suid-Afrika klink waarskynlik nou saam ’n glasie alkoholiese vrugtedrankies.

Dit kom nadat die Mededingingskommissie die transaksie goedgekeur het waarvolgens SAB die regte verkry om Diageo se produkte en verwante bates plaaslik te bekom.

Die produkte ter sprake sluit in:

  • Smirnoff se gereed-om-te-drink-drankies (Smirnoff Storm, Guarana, Spin, Pine Twist en Berry Twist, maar nie Smirnoff Vodka nie); en
  • Guiness-produkte (uitgesluit Guinness Foreign Extra Stout en Guinness Malta).

Diageo besit ook 11 000 yskaste in drankwinkels en kroeë landwyd wat nou deur SAB oorgeneem word.

Bruital Fruit behoort aan die Suid-Afrikaanse Brouery (SAB).Foto: Skermgreep

SAB behoort aan Anheuser-Busch InBev.

Die kommissie het Donderdagmiddag laat in ’n verklaring gesê hoewel daar vrae is oor of die oorname nie mededinging in die drankbedryf verminder nie, het hy tog besluit om die transaksie goed te keur.

SAB besit Brutal Fruit-vrugtedrankies.

“Die kommissie het wel bevind dat die voorgestelde transaksie waarskynlik nie mededinging of die pryse van die Diageo- of SAB-produkte sal beïnvloed nie.”

Die kommissie sê hy glo dat die samesmelting sal waarskynlik voordele vir die verbruiker inhou, aangesien die groter sakeonderneming meer doeltreffend bedryf sal kan word.

Hy dink ook die Smirnoff-produkte sal meer algemeen beskikbaar gestel word.

Die kommissie het die voorwaarde gestel dat SAB in die toekoms nié gebondelde produkte mag aanbied waar hy byvoorbeeld van sy bier met van die Diageo-produkte as aanbied nie.

SAB gaan ook drankies wat deur mededingers, wat Distell insluit, in die 11 000 Diageo-yskaste moet toelaat.

SAB gaan ook die Guinness-produkte in die toekoms plaaslik moet vervaardig.

Distell is die grootste produsent van gereed-om-te-drink-mengeldrankies in die land.

Meer oor:  Sab  |  Anheuser-Busch Inbev  |  Brutal Fruit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.