Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Só daal kliënte wat Standard Bank-takke besoek

Die aantal transaksies wat Standard Bank-kliënte by ’n banktak doen, het in die ses maande tot einde Junie met 13% gedaal.

Kitsbanktransaksies het met 3% gedaal.

Die benutting van digitale bankdienste – hoofsaaklik internet- en app-bankdienste – het met 6% gestyg. Hiervan was die skerpste styging dié van mobiele bankdienste, met ’n 47%-styging in die waarde van transaksies (tot R173 miljard) wat op die bankgroep se app gedoen word.

Die bank het nou 1,8 miljoen mense wat die Standard Bank-app aktief gebruik, ’n styging van 55% teenoor verlede jaar.

Deur Instant Money is 12,6 miljoen geldoorplasings in die ses maande gedoen, ’n styging van 20% in volume, terwyl die waarde van die transaksies met 27% tot R9,3 miljard gestyg het.

Dis die eerste keer dat Standard Bank in syfers uitstippel presies hoe kliënte se interaksie met die bank verander sedert die bank in Maart aangekondig het hy gaan banktakke op groot skaal landwyd sluit.

In Junie is aangekondig 104 takke sluit, met tot 2 000 mense wat hul werk verloor het of uiteindelik gaan verloor. Altesame 98 van dié takke was reeds teen einde Junie gesluit.

Standard Bank het in Maart gesê hy “is besig om sy kleinhandel- en sakebankmodel vanweë die veranderende behoeftes van kliënte te hersien te midde van die vinnige aanvaarding van digitale bankprodukte en -dienste.

“Die verandering in kliënte se gedrag beteken dat ons kliënte ons takke minder gebruik.”

In syfers

In syfers

Die syfers is vir die hele Standard Bank-groep en is vir die eerste helfte van 2019 vergeleke met die ooreenstemmende tyd van 2018:

  • Inkomste styg met 7% tot R54,3 miljard
  • Wesensverdienste styg met 6% tot R13,361 miljard
  • Wesensverdienste per aandeel styg met 5% tot 837c
  • Tussentydse dividend van 454c is verklaar, 6% meer as in 2018
  • Kapitaaltoereikendheidskoers (CET 1) styg tot 14% (2018: 13,8%)
  • Netto batewaarde per aandeel styg met 8% tot R105,11c

Standard Bank self het die oorgang na digitale dienste versnel deur dit moontlik te maak om sekere transaksies wat voorheen slegs in takke gedoen kon word, ook aanlyn te doen.

Só kan kliënte nou al geruime tyd op die app of internet hul maandelikse limiet vir elektroniese betalings verander. Dit het dié soort transaksies in banktakke met 66% laat daal.

Kliënte kan nou ook gestempelde bankstate vir tot ses maande en amptelike bevestiging van hul bankrekening kry sonder om ’n tak te besoek. Banke se navrae oor state het met 67% gedaal.

Die feit dat kliënte debietorders nou aanlyn kan omkeer, het dié navrae in takke met 97% laat daal.

Die syfers oor die styging in digitale bankdienste is deel van Standard Bank se voorlegging oor sy tussentydse resultate vir die ses maande tot einde Junie.

Standard Bank, die land se grootste bank volgens batewaarde, was die tweede bank wat sy halfjaarsyfers uitgereik het nadat Nedbank syne Dinsdag uitgereik het. Absa volg volgende Dinsdag.

    Meer oor:  Standard Bank  |  Bankbedryf  |  Banke
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.