Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Só drink mense nou anders weens pandemie

Daar is goeie nuus vir die drankbedryf ná die uitreiking van ’n verslag wat voorspel mense gaan vir die afsienbare toekoms elke jaar meer alkohol drink.

Ten spyte van ’n 11%-verlies in handelsnaamwaarde tot op $1,2 miljard, het Moët Hennessy se Moët & Chandon sy posisie behou as die wêreld se mees gewaardeerde sjampanje. Foto: Unsplash

Dié bedryf het in 2020 baie swaargekry weens streng Covid-19-inperkings en moes vrede maak met alkoholverbruik wat verlede jaar wêreldwyd met 6,2% gedaal het.

Die IWSR, wat in Londen gesetel is, doen navorsing oor wêreldwye alkoholverbruik en daar is in hul jongste verslag veral gekyk na hoe die pandemie mense se drinkgewoontes die afgelope jaar geraak het.

In die verslag sê die navorsers drankverbruik sal teen die einde van 2021 reeds met 2,9% gegroei het.

Tussen 2021 en 2024 word ’n jaarlikse groeikoers van 1,5% in volume per jaar verwag, hoewel alkoholverbruik eers weer in 2023 op die vlakke sal wees waar dit voor die Covid-19-pandemie was.

Nuwe gewoontes

Die pandemie het egter verbruikers se gedrag verander en die drankbedryf gaan hom moet staal vir nuwe giere en verwagtinge van verbruikers.

Alkoholgebruikers gaan byvoorbeeld toenemend hul drank aanlyn wil koop en die gerief wat gemengde alkoholiese drankies bied, gaan die gereed-om-te-drink-drankies al hoe gewilder maak.

Drankies met geen of min alkohol gaan ook meer gedrink word. 

k

Biermark

Die biermark is baie swaar getref deur die pandemie en dié segment het 7% se verbruik in volume in 2020 verloor, volgens die IWSR-verslag.

Volgens ’n ander verslag deur Just Drinks het die 50 voorste bierhandelsname se totale waarde in 2020 met 16% gedaal.

Just Drinks se Brand Finance-verslag vir 2021 sê die biermark is nou $80,2 miljard werd.

Anheuser-Busch InBev se Corona-bier het 28% verloor, hoewel dit steeds nie sy eerste plek in die top-50-lys verloor het nie.

beer
Bier is ’n sosiale drankie en daarom het inperkings die verkope daarvan baie swaar getref.

Heineken se lager is tweede op die lys van gewildste biere en sy markwaarde het met 19% tot $5,65 miljard gedaal.

“Die pandemie het uiteraard veranderinge op die wêreld se biermark afgedwing soos verbruikers hul lewenstyl moes aanpas en baie minder sosiale interaksie plaasgevind het,” sê Richard Haigh, Brand Finance se besturende direkteur.

Hoewel die pandemie verlede jaar ’n hap uit die biermark geneem het, voorspel die IWSR-verslag wel dat dié segment teen die einde van vanjaar die grootste groei van omtrent 2,5% gaan aanteken.

Duurder is beter

Een van die ander interessante tendense wat ook volgens die IWSR-verslag uit die pandemie voortspruit, is verbruikers se voorkeur vir duurder premiumwyne en goeie-gehalte-spiritualieë, natuurlik vir dié wat dit kan bekostig.

“In baie lande het die pandemie tot ’n groot mate daartoe bygedra dat elektroniese handel en premiumprodukte twee tendense is wat baie sterk in die volgende paar jaar na vore gaan tree,” sê Mark Meek, IWSR se uitvoerende hoof.

Hy sê die mark vir premiumwyne en -spiritualieë kan met tot 25% groei teen 2025.

Dom Perignon het afgeskuif tot die sesde plek op die lys van topwyne en sjampanje, maar dit was ook die enigste drank onder die top-10 wat die afgelope jaar groei in waarde van 2% kon aanteken.

Die mark vir jenewer het ook die afgelope jaar goeie groei getoon en dit is veral Brasiliane, Russe en Suid-Afrikaners wat gaan sorg vir ’n verwagte groei van 4,5% per jaar tot en met 2025.

Meek sê verbruikers gaan ook meer by hul huise sosiaal verkeer en dit gaan ’n impak hê op waar mense hul drank geniet.

Meer oor:  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Sjebiens  |  Bier  |  Koronavirus  |  Bierbrouerye  |  Restaurante  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Kroeë  |  Drankverkope  |  Bierbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.