Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Só gaan Merc-belegging van R10 mjd. bestee word

Mercedes-Benz se fabriek in Oos-Londen word met sowat 100 000 m² uitgebrei – dit verdriedubbel die grootte van die motorreus se bestaande geriewe in dié Oos-Kaapse kusstad.

Pres. Cyril Ramaphosa gebruik ’n verf-simulasietoestel by Mercedes-Benz se aanleg in Oos-Londen op sy besoek Dinsdag. Dit is deel van die nuwe tegnologie wat in die verfperseel gebruik word. Foto: Mercedes-Benz

Die belegging van 600 miljoen (sowat R9,52 miljard teen huidige wisselkoerse) is Dinsdag deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig op ’n besoek aan die aanleg.

Dit behels ’n nuwe lokaal vir die verf van voertuie, ’n nuwe lokaal vir bakwerk-vervaardiging, die opknapping van die monteeraanleg, asook die bou van nuwe logistieke pakstore, blyk dit uit ’n verklaring van Mercedes-Benz Suid-Afrika.

Die uitbreidings is vir Mercedes-Benz se produksie van die nuwe generasie C-klas in Oos-Londen.

Ramaphosa beskou die belegging as deel van sy regering se ambisie om R1 200 miljard se nuwe beleggings na Suid-Afrika te lok.

’n Uitsig op ’n robotbeheerde monteerlyn in Mercedes-Benz se aanleg in Oos-Londen. Foto: Mercedes-Benz

Ander belangrike gaste op die geleentheid Dinsdag was dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, Nhlanhla Nene, minister van finansies, Phumulo Masualle, premier van die Oos-Kaap, en Andreas Kellermann, visepresident: produksie van die S-, E- en C-klas van Mercedes-Benz.

Die Duitse motorvervaardiger se fabriek in Oos-Londen is in 1958 geopen.

Die geld van die nuwe belegging gaan gebruik word om die bakwerk-aanleg met meer as 500 robotte toe te rus. Tot 700 ton staal gaan gebruik word om drie ekstra produksielyne in die monteeraanleg te bou, en die nuwe verflokaal sal meer energiedoeltreffend en omgewingsvriendelik as die bestaande geriewe wees. Dit sal help om die energieverbruik per vervaardigde voertuig by die Oos-Londense aanleg met 25% te verlaag.

Ander groen inisiatiewe is die opvang van reënwater van die fabriek se dakke af, ’n waterreservoir van een miljoen liter, en die skep van groen korridors in en om die gebouekompleks.

Studente van die Mercedes-Benz Learning Academy in Oos-Londen vier die groep se nuwe belegging van €600 miljoen by sy aanleg in die stad. Foto: Mercedes-Benz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.