Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Só gaan treindienste al hoe meer agteruit
’n Oorlaaide trein van Metrorail in die Kaapse voorstede.Foto: Francois Williams

Suid-Afrikaners het vertroue verloor in hul voorstedelike treindienste.

In die afgelope boekjaar is net sowat 40% van die treinritte op die stedelike treindiens Metrorail onderneem as wat vier jaar gelede in die 2014-’15-boekjaar onderneem is.

Dit blyk uit syfers wat Fikile Mbalula, minister van vervoer, in ’n skriftelike antwoord op ’n parlementêre vraag van Nontando Nolutshungu van die EFF verskaf het.

In 2014-’15 het pendelaars net meer as 516 miljoen totale individuele treinritte landwyd op Metrorail gehaal, maar teen die afgelope boekjaar het dié syfer met byna 60% gekrimp tot net 208,5 miljoen.

In die Wes-Kaap was die daling in die aantal treinritte die skerpste. Byna 47 miljoen treinritte is in die afgelope boekjaar onderneem, wat net meer as ’n kwart is van die totale treinritte wat in 2014-’15 in die provinsie onderneem is.

Die Wes-Kaap is die afgelope twee jaar veral erg geraak deur vandalisme en misdaad op treine, asook die algemene verval in infrastruktuur en dienslewering by Metrorail wat tot onbetroubare en onveilige treindienste gelei het.

Die daling in treinritte in KwaZulu-Natal was 30% oor die vyf jaar. In Gauteng, waar teen 2014-’15 252,8 miljoen ritte onderneem is, het ritte met 60% gekrimp tot byna 100 miljoen.

In Oos-Londen was die daling 35% tot 5 miljoen. In Port Elizabeth was die daling die minste teen 16,5% tot 1,41 miljoen.

Die Passasierspooragentskap (Prasa) se langafstandtreindiens Shosholoza Meyl se passasiersgetalle het eweneens skerp met 58% afgeneem van 930 881 in 2014-’15 tot 387 504 in 2018-’19.

trein, prasa, metrorail

Prasa het ’n nuwe plan om misdaad en vandalisme op sy treine te bestry, het Mbalula op ’n skriftelike vraag van Khethamabala Sithole van die IVP geantwoord.

Van September af sal Prasa nuwe veiligheidsmaatskappye in diens hê met nuwe prestasiegebaseerde kontrakte. Daar sal ’n sterk klem wees om vandalisme en diefstal van infrastruktuur te verminder. Prasa sal strenger reëls en standaarde toepas met die aanstel van veiligheidswagte, en sal nuwe tegnologie benut om misdaad te bestry, sê hy.

’n Voorbeeld van die skade wat vandale aan treinsitplekke in die Metroplus-waens van Metrorail aanrig. Die Metroplus-kaartjies is duurder as gewone Metro-kaartjies en is veronderstel om die ekwivalent van die sogenaamde eersteklas te wees. Foto: Francois Williams
Nog ’n sitplek in die Metroplus-waens van Metrorail se voorstedelike treine in Kaapstad.Foto: Francois Williams
’n Voorbeeld van die skade wat vandale aan treinsitplekke in die Metroplus-waens van Metrorail aanrig. Die Metroplus-kaartjies is duurder as gewone Metro-kaartjies en is veronderstel om die ekwivalent van die sogenaamde eersteklas te wees. Foto: Francois Williams
Nog ’n sitplek in die Metroplus-waens van Metrorail se voorstedelike treine in Kaapstad.Foto: Francois Williams

Meer oor:  Metrorail  |  Prasa  |  Vervoer  |  Treindienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.