Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Só knou SAL vir Comair
Comair se syfers het die afgelope jare agteruitgegaan. Foto: Felix Dlangamandla

Die wind onder Comair se vlerke het gaan lê, grotendeels weens die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se wanbetaling van skadevergoeding ingevolge ’n hofbevel.

Comair, wat British Airways en Kulula plaaslik bedryf, sê Donderdag in ’n handelsverklaring die SAL het versuim om ’n betaalskedule te eerbiedig wat as deel van skadevergoeding vir teenmededingende gedrag aan Comair verskuldig is.

Die R1,1 miljard-skadevergoeding, wat die SAL in maandelikse paaiemente moes afbetaal vanaf 28 Februarie 2019 tot 28 Julie 2022, het in Desember opgedroog nadat die SAL op 5 Desember in sakeredding geplaas is.

Volgens Comair is nog R790 miljoen uitstaande.

Dié geld was hoofsaaklik verantwoordelik vir Comair se uitmuntende voljaarresultate vir die boekjaar tot einde 30 Junie 2019.

Nou verwag die maatskappy dat sy verdienste vir die halfjaar tot einde Desember met meer as 170% teenoor ’n jaar gelede gaan tuimel.

Dit sal beteken Comair sal ’n netto verlies ly vir die ses maande.

Die SAL se wanbetaling is egter nie al wat Comair se resultate kniehalter nie.

SAL Tegnies (SAAT) se onvermoë om Comair se vliegtuie bevredigend in stand te hou, het beteken hy moes die duurder dienste van Lufthansa Technik aanskaf.

Die maatskappy sê die oorskuif het hom ten duurste gekos.

Comair skryf verder ’n groot deel van sy verlies ook toe aan die voortslepende skandaal oor die foutiewe Boeing 737 Max, wat steeds nie mag vlieg nie.

Comair het drie 737 Max-vliegtuie bestel, waarvan een reeds afgelewer is en nou glad nie mag vlieg nie.

Die ander twee is reeds betaal, maar aflewering is gestaak totdat Boeing die foute met die ontwerp van die vliegtuig uitpluis.

Comair het gehoop om die 737 Max tesame met nuwe 737-800-vliegtuie in te span om meer mense op ’n slag te kan vervoer as op sy vorige 737-400-vliegtuie. Die groter kapasiteit van die nuwe vliegtuie sou British Airways en Kulula se vlugroetes winsgewender gemaak het.

Meer oor:  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Comair  |  Maatskappye  |  Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.