Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Só open H&M, Foschini, Woolies vir verkoop van klere

Nóg klerewinkels het Vrydag gesê hoe hulle in vlak 4 van die staat van inperking sake gaan doen.

Klere-, skoen- en huiswarewinkels mag vanaf 1 Mei winterklere, -skoene en -beddegoed asook kinderklere verkoop, maar nie almal het Vrydag hul deure geopen nie omdat hulle eers hul personeel moes oplei om Covid-19-infeksies te probeer voorkom.

LEES OOK: Klerewinkels skud hul vere reg vir heropening

Die produkte mag ook aanlyn verkoop word.

H&M

Die klerewinkelgroep H&M sê ál 27 van sy winkels open op Saterdag 2 Mei.

H&M gaan van 2 Mei af sy winkels open. Foto: Nellie Brand-Jonker

Die winkels gaan van 09:00 tot 18:00 oop wees.

H&M sê maatreëls word getref om te verseker dat al sy winkels veilig en skoon vir sowel hul personeel as klante is.

Die produkte wat verkoop gaan word, is wintermodes.

“Ons is buigsaam en besef die situasie kan van een dag tot die volgende verander en ons monitor die aanbevelings van plaaslike owerheid noukeurig.

“Ons besef hierdie is ongewone tye en moeilike omstandighede,” het ’n woordvoerder gesê.

Die groep verwys verbruikers na sy Facebook-rekening vir meer inligting “omdat die situasie in die winkels deurentyd kan verander”. Mense kan ook op H&M se Twitter-rekening meer inligting kry.

Die internasionale groep gebruik sy Instagram-rekening en het dus nie plaaslike nuus daar nie.

Enige navrae oor openingstye en wat verkoop mag word, kan ook gerig word aan info.za@hm.com

Die winkelgroep het nie gesê of hy op Sondae en vakansiedae sal oopmaak tydens die inperkingstyd nie.

Die berig sal aangepas word sodra ’n antwoord gekry is.

Woolworths

Woolworths sê ook die veiligheid van sy personeel en klante bly die grootste prioriteit.

Streng maatreëls wat higiëne en sosiale distansiëring betref, sal behou word. Maskers is verpligtend as mense in die openbaar is, ingevolge die vlak 4-regulasies.

LEES OOK: Meeste winkels van Pep, Ackermans is Vrydag oop

Die groep het op sy webtuiste gesê sy winkels wat kos én klere verkoop, sal vanaf 1 tot 4 Mei begin oopmaak.

Die Woolworths in die V&A Waterfront in Kaapstad ’n dag voor die vlak 4-inperking begin. Dit is nou verpligtend om maskers te dra wanneer jy jou huis verlaat. Woolworths-winkels wat kos en klere verkoop, sal van 1 tot 4 Mei begin open en winkels wat net klere verkoop, maak hul deure van 5 Mei af oop. Foto: Nellie Brand-Jonker

Die winkels wat net klere verkoop, sal word van 5 Mei af geopen.

Winkels in winkelsentrums wat kos en klere verkoop, is van 09:00 tot 17:00 oop, na gelang van die tye van die winkelsentrums.

Die groep sê mense wat tydens die inperking klere aanlyn bestel het, sal dit eers mag kry ná die inperkingstyd indien dit enigiets anders as winter- en kinderklere is. Bestellings vir net winterklere en kinderklere, sal wel tydens die vlak 4-inperking afgelewer mag word.

Foschini

TFG, wat onder meer Foschini, Exact, Fabiani, G-Star Raw, Markham, Sportscene en Totalsport besit, sê in ’n verklaring sy span werk hard om winkels vir die heropening voor te berei.

“Ons sal ons winkels stelselmatig van 1 Mei af begin open om seker te maak dat elke winkel die regte veiligheidsmaatreëls ingestel het.”

Sy klante moet winkels skakel om seker te maak dat dit oop is omdat die winkels oor die komende paar dae afsonderlik geopen word.

Al sy handelsname kan aanlyn vir winterbenodigdhede bestellings neem. Dieselfde produkte wat nou in winkels verkoop mag word, sal ook aanlyn gekoop mag word.

Van 4 Mei af gaan die bestellings wat tydens die inperking geplaas is, verwerk word.

“Ons volg die regering se bedryfsriglyne en werk teen ’n beperkte vermoë tydens die vlak 4-inperking.

“Weens die groot agterstand en minder personeel, gaan daar ’n vertraging in aflewerings wees en mense moet geduldig wees.”

Benewens maskers, wat verpligtend is in winkels, stel die groep die volgende maatreëls inwerking:

  • Getalle gaan beperk word in winkels om ’n sosiale afstand van 1,5 m tussen mense aan te moedig.
  • Alle klante en personeel moet hul hande ontsmet voordat hul die winkel binnekom.
  • Gemerkte plekke sal by kasregisters aangebring word om te wys hoe ver mense uit mekaar moet staan.
  • Geen aantrekkamers sal oop wees nie.
  • Geen grimeersessies of toetsprodukte sal beskikbaar wees nie.
  • Gedrukte koopstrokies word deur e-pos-strokies vervang waar moontlik.
  • Om veiligheidsredes sal ’n klant wat sy eie sak bring, dit self moet pak.
Meer oor:  Truworths  |  Edcon  |  Tfg  |  Pepkor  |  Woolworths  |  Edgars  |  Mr Price  |  Foschini  |  Kleinhandelaars  |  Staat Van Inperking  |  Covid-19  |  Inperking  |  Klere  |  Klerekleinhandel  |  Vlak 4  |  Klerewinkels  |  Koronavirus  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.