Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Só vergelyk SA se 4 grootste banke
Standard Bank is Suid-Afrika se grootste bank. Foto: Getty Images

Só vergelyk die jongste beskikbare syfers vir Suid-Afrika se vier grootste banke.

      

Nedbank

  

Nedbank is die Suid-Afrikaanse bank wat tans die beste resultate lewer.

Dié bank se wesensverdienste per aandeel het met 26,3% tot R13,87 gestyg in die boekjaar tot einde Junie.

Hy het ’n slotdividend van R6,95 vir die jaar verklaar.

Dié bank se aandeelprys het ook die beste die afgelope jaar gevaar en het vir die jaar tot 11 September met 26,55% tot R260,00 gestyg. Dit volg op ’n 9,18%-styging in 2017.

  

FNB

    

FirstRand, waarvan First National Bank (FNB) deel vorm, is kort op sy hakke.

Sy wesensverdienste per aandeel het met 12% tot R4,72 gestyg in die boekjaar tot einde Junie.

Hy het ’n slotdividend van R2,75 vir die jaar verklaar.

Dié bank se aandeelprys het vir die jaar tot 11 September met 24,99% tot R68,62 gestyg ná ’n 29,6%-styging in 2017.

  

Standard Bank

    

Standard Bank se boekjaar eindig op 31 Desember.

Sy mees onlangse resultate is dus vir die halfjaar tot einde Junie.

Dié bank se wesensverdienste per aandeel vir die ses maande het met 5% tot R7,94 per aandeel gestyg en hy het ’n tussentydse dividend van R4,30 per aandeel verklaar.

Sy aandeelprys het in die jaar tot 11 September met 8,92% tot R117,79 gestyg ná ’n 17,1%-styging in 2017.

  

Absa

     

Absa Group se jaar eindig op 31 Desember.

Die nuutste resultate vir dié bank is vir die ses maande tot einde Junie.

Sy wesensverdienste per aandeel het in dié ses maande met 3% tot R9,52 gestyg.

’n Tussentydse dividend van R4,90 is verklaar.

Dié bank se aandeelprys het die afgelope jaar met 8,8% tot R154,50 gestyg.

Dit is ’n beduidende verbetering op die daling van 8,41% ’n jaar tevore.

Meer oor:  Nedbank  |  Fnb  |  Absa  |  Standard Bank  |  Bankdienste  |  Bankbedryf  |  Banke  |  Resultate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.