Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Só wil Absa kliënte met skuld help
Daniel MmineleFoto: Elvira Wood

Absa moedig sy kliënte aan om as hulle kan, steeds hul skuld te betaal.

Die bank het Sondag omvattende maatreëls aangekondig om kliënte finansieel by te staan indien dit weens die Covid-19-pandemie nié moontlik is nie.

Individue kan aansoek doen vir ’n betaalvakansie van drie maande waarin hulle glad nie skuld betaal nie, óf hulle kan reëlings met die bank tref om waar hulle wel ’n gedeelte van ’n paaiement kan betaal, hulle sal voortgaan om dit te doen.

Absa gaan geen administrasiegeld hef vir aanpassings wat gemaak word nie.

Vir maatskappye sal Absa oplossings bied wat by elke onderneming pas.

Toepaslike ooreenkomste sal aangepas word deur die leningstydperk te hersien en rente in die verligtingstydperk te kapitaliseer.

Daniel Mminele, uitvoerende hoof van Absa, sê in ’n verklaring dat die bank “besef dat dit ’n moeilike tyd is vir ons kliënte en ondernemings wie se finansiële middele negatief beïnvloed word. Ná deeglike oorweging en samesprekings met die reguleerders, is ons bly om ’n omvattende hulpprogram vir kliënte, sake en groot maatskappye bekend te stel.”

Die plan is in ooreenstemming met wat die sektor reeds op ooreengekom het.

Dit sluit byvoorbeeld in dat Saswitch-boetes opgehef word.

LEES OOK: Banke beloof kitsbanke werk, hef Saswitch-geld op

Die verligting wat Absa vir sy kliënte bied, is ook van toepassing op al die ander lande in Afrika waar hy sake doen. Dit sal egter onderhewig wees aan die wette en regulasies wat binne dié lande van toepassing is.

“Die program is ’n bewys van ons toewyding om regte, kliëntgerigte oplossings te vind, in ’n tyd van groot onsekerheid vir almal,” sê Arrie Rautenbach, uitvoerende hoof van Absa se afdeling vir kleinhandel- en sakebankdienste.

Meer oor:  Absa  |  Daniel Mminele  |  Skuld  |  Banke  |  Betaalvakansie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.