Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Só wil Ethiopian Airlines die SAL help
Ethiopian Airlines stel glo wel belang om die SAL te help, maar nie om sy skuld oor te neem nie. Foto: Argief

Ethiopian Airlines is bereid om vliegtuie, vlieëniers en instandhoudingsdienste aan die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te bied.

Dit is nou as daar ’n vennootskap tussen dié twee lugdienste tot stand kan kom.

Tewolde GebreMariam, uitvoerende hoof van Ethiopian Airlines, sê in ’n onderhoud dat die lugdiens “bedryfsteun” aan die SAL sal bied.

Ethiopian Airlines, Afrika se grootste lugdiens, stel egter nie daarin belang om die SAL met sy skuld te help of om ’n geldelike bydrae te lewer om die SAL se arbeidsmag te verklein nie.

Luidens die sakereddingsplan wat die krediteure in Julie aanvaar het, sal dit R2,2 miljard kos om die arbeidsmag van meer as 4 000 tot net 1 000 te verminder.

“Ons wil nie die nalatenskapskwessies – soos die skuld, arbeidseise, ensovoorts – hanteer nie, want dit is baie moeilik vir ons, nie net finansieel nie, maar ook ten opsigte daarvan om die herstrukturering te bestuur,” sê GebreMariam.

“Ons wil dit vir die lugdiens makliker maak om weer te begin deur vliegtuie, kundigheid, vlieëniers, tegnici en leierskap te verskaf.”

Die sakeredders sê R10,4 miljard is nodig om die lugdiens weer in bedryf te stel.

Die SAL is sedert Desember in sakeredding.

Die departement van openbare ondernemings het al herhaaldelik gesê hy oorweeg verskeie aanbiedinge van private beleggers.

Bloomberg het ’n maand gelede berig dat Ethiopian een van die partye is wat aan gesprekke deelneem.

Daar is tans nog geen teken waar die reddingsboei vandaan gaan kom nie. – Bloomberg, verwerk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.