Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Solidariteit hof toe oor afleggings by Barloworld
Barloworld Equipment verskaf onder meer masjienerie wat in die konstruksiesektor gebruik word. Foto: Argief

Solidariteit gaan hom oor ’n afleggingsproses by Barloworld Equipment op die arbeidshof beroep.

Die vakbond sê Maandag in ’n verklaring dat dit duidelik is dat ras die deurslaggewende rol gespeel het toe dié maatskappy besluit het watter werkers uit diens gestel gaan word.

Solidariteit beweer dat die kriteria wat Barloworld gebruik, ras – as selfs die tydperk wat ’n werknemer vir die maatskappy gewerk het – as ’n belangriker kriteria stel.

Die vakbond voer ook aan dat geen behoorlike konsultasieproses gevolg is met werknemers en/of vakbonde toe die lys van kriteria saamgestel is nie.

“Dit is skokkend dat ’n maatskappy só teen lojale werkers met jare lange diens kan diskrimineer. Swart werkers word ooglopend deur die prosesse bevoordeel ten koste van hul wit, bruin en Indiër kollegas wat langer by die maatskappy werksaam is,” sê Willie Venter, adjunkhoofsekretaris van metaal- en ingenieurswese by Solidariteit.

Solidariteit voer aan dat die afleggingsproses, soos gevolg deur Barloworld, onregverdig en diskriminerend van aard is.

Die vakbond is van mening dat alle afleggings onmiddellik herroep moet word sodat alle betrokke partye tot ’n behoorlike konsultasieproses kan terugkeer om sodoende ’n billike en regverdige uitkoms te bewerkstellig.

“Hierdie optrede van Barloworld is onaanvaarbaar en kan nie net gelate aanvaar word nie. Solidariteit sal alles in sy vermoë doen om die huidige proses te stuit en sal nie toelaat dat maatskappye onbillik optree en rasgebaseerde afleggings ten koste van ander lojale werknemers maak nie,” sê Venter.

Barloworld het werknemers reeds op 17 Augustus skriftelik oor die afleggings ingelig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.