Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Solidariteit steun verkoop van Saldanha-fabriek
Saldanha Staal gaan sluit, waardeur 900 mense hul werk gaan verloor.

Die vakbond Solidariteit het die staalgroep ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) aangeraai om wel sy Saldanha-aanleg te verkoop om honderde werkgeleenthede te red.

“Solidariteit is ten sterkste gekant teen die sluiting van die aanleg. Alle moontlikhede om die aanleg te red moet ondersoek word en die sluiting daarvan moet ten alle koste verhoed word,” sê Willie Venter, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris vir die metaal- en ingenieursbedryf.

Amsa het in November aangekondig hy wil die Saldanha-staalfabriek in die eerste kwartaal van 2020 sluit.

“Die omvang van die beplande werkverlies deur Amsa sal katastrofies wees, nie net vir die werknemers en kontrakteurs wat by die aanleg werk nie, maar ook vir hul gesinne en die groter gemeenskap. Die invloed is enorm en sal ’n negatiewe uitwerking op die breër ekonomie van die Wes-Kaap hê,” sê Venter.

As Amsa geen oplossing vind om die aanleg te laat voortbestaan nie, moet hy die aanbod om dit te verkoop ernstig oorweeg, sê Venter.

“Alles moet gedoen word om werksekerheid en volhoubare inkomste te verseker.”

Meer oor:  Amsa  |  Saldanha Staal  |  Solidariteitm Mynbou  |  Staalfabriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.