Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Solidariteit wil Denel help regruk
Denel se kantoor in Pretoria. Foto: Reuters

Die vakbond Solidariteit het ’n stel voorstelle aan dr. Danie du Toit, uitvoerende hoof van die staat se wapentuigvervaardiger Denel, gestuur wat hy glo sal help om die groep uit sy geldknyp te kry.

Denel het in 2018 ’n verlies van meer as R1,7 miljard gely en is besig om personeel af te lê, sake-eenhede te sluit, kontrakte te skrap en bates te verkoop om kop bo water te probeer hou.

Solidariteit sê hy het in ’n peiling onder sy lede wat by Denel werk vyf hoofpunte geïdentifiseer wat aangepak moet word:

1. Die aanstel en bestuur van personeel en die strukturering van Denel se mensehulpbronne.

2. Verskaffers en verkryging. Lede meen verkrygingsprosesse word deur politiek eerder as gehalte van die produkte of dienste bepaal. In baie gevalle kan produkte eerder intern verskaf word of kan private maatskappye dit lewer, sê Johan Botha, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris.

3. Instandhouding en gebruik van tegnologie, toerusting en geriewe. Sekere bates word teen groot koste behou al dra dit nie by tot Denel se omset nie, het lede volgens Botha genoem.

4. Rompslomp. Dit ry bestuurders se pogings in die wiele om die nodige goed te doen wat Denel se geldsake sal verbeter. Rompslomp keer ook dat na lede se besorgdheid geluister word.

5. Nouer samewerking met die private sektor.

Volgens Botha het Solidariteit se lede by Denel “onontbeerlike institusionele kennis, ondervinding en vaardigheid wat kan help om Denel te laat herleef as dit reg aangewend word”.

Meer oor:  Solidariteit  |  Denel  |  Staatsinstellings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.