Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sonn skyn nie meer by Star nie

Heather Sonn, wat in Desember verlede jaar by Christo Wiese oorgeneem het as voorsitter van die beleërde Steinhoff International, het uit die direksie van Steinhoff se plaaslike filiaal bedank.

Heather Sonn, voorsitter van Steinhoff International.

Sonn wil haar toespits op die uitdagings by Steinhoff International, het Steinhoff Africa Retail (Star) vroeër die week in ’n Sens-verklaring gesê.

Philip Dieperink, sedert 20 April vanjaar die finansiële hoof van Steinhoff International, vervang haar op Star se direksie.

Star het onlangs aandeelhouers se goedkeuring gekry om sy naam in Pepkor – die naam van sy grootste filiaal – te verander. Dit sal na verwagting Vrydag amptelik word.

Die stap is gedoen om afstand te skep tussen Star en Steinhoff, waar finansiële ongerymdhede ondersoek word. Onder die talle bestuurs- en direksieveranderinge sedertdien was dat Markus Jooste begin Desember as uitvoerende hoof van Steinhoff bedank het en Christo Wiese, toe nog Steinhoff se grootste aandeelhouer, ’n week later as voorsitter.

In dieselfde Sens-verklaring waarin Sonn se bedanking aangekondig is, verwelkom Star vir Mark Harris as ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur. Hy sal ook in die direksie se vergoedingskomitee dien.

Harris word as ’n kundige in strategie, verkrygings en samesmeltings en tegnologie beskryf.

Die groep maatskappye is in verskeie hofsake gewikkel sedert die ongerymdhede aan die lig gekom het.

Wiese se eis teen Steinhoff oor die verkoop van Pepkor, wat hy oor byna 50 jaar opgebou het, word binnekort aangehoor.

Braam van Huyssteen, Tekkie Town se stigter, het ook pas ’n hofgeding teen Star oor beweerde kontrakbreuk begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.