Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Spar se drankverkope val met 44%

Die effek van die inperking en die verbod op drankverkope wat twee keer ingestel is, kan gesien word op Tops at Spar se verkope, wat in die afgelope 11 maande met 16% geval het.

Tops het onder die verbod op alkoholverkope gely. Foto: Verskaf

Dié drankwinkels was die afgelope jare een van die Spar-groep se groei-aandrywers.

Die Spar-groep, wat ’n groothandelaar is wat aan franchise-winkels sy ware verkoop, het ’n handelsoorsig oor verkope van begin Oktober verlede jaar tot einde Augustus vanjaar uitgereik. 

Die groep, wat ook oorsee bedrywig is, het sy totale verkope met 12% tot R112 miljard verhoog.

Net sedert die inperking van einde Maart af tot einde Augustus het sy drankverkope met 44% en sigaretverkope 72% geval.

Weens die effek van die verbod op die verkope van drank en sigarette sedert die staat van inperking afgekondig is, het die groep se verkope in Suider-Afrika net 4,8% gestyg.

Die groep se groothandelverkope van kos in Suider-Afrika het in die 11 maande met 8,7% toegeneem.

“Die resultaat is afgetrek deur die impak van die verbod op sigarette, wat die omset van die kategorie wat oor die tydperk met 30% geval het en met ’n wesenlike 71,9% jaar tot jaar van die inperking begin het tot einde Augustus,” lui sy handelsoorsig.

Uitgesluit die winkels wat nie in die ooreenstemmende tydperk oop was nie, om ’n beter vergelyking toe te laat, het verkope met 7,5% gestyg.

Die groothandelverkope van Spar in Suider-Afrika is nadelig deur die verbod op sigaretverkope geraak. Foto: Verskaf

Interne prysinflasie het 4,6% oor die tydperk beloop, wat beteken ’n sekere mandjie van kruideniersware is vir soveel meer verkoop.

Die drankwinkels van Tops at Spar se omset het in die afgelope 11 maande met 16% gedaal.

“Sowat drie van die laaste vyf maande van handel is verloor weens die verbod op drankverkope wat tot ’n val van 44% in omset sedert die inperking tot einde Augustus, gelei het.”

Build it

Die resultate vir Suider-Afrika sluit ook sy bouwarewinkels Build It in. Dié winkels se verkope het met 3,5% gedaal nadat vyf weke se handel tydens die inperking verloor is.

Die winkels het reeds in die eerste helfte van die boekjaar getoon hoe swak die sektor is toe die verkope met 2,4% gedaal het.

Volgens die groep is dit egter positief dat die verkope “verrassend sterk was” sedert die bouwarewinkels in Mei kon heropen.

Oorsese winkels

Spar in Ierland (die BWG-groep) het groei oor al sy handelsname getoon. Die pandemie het daar tot ’n beperking op die toerismebedryf gelei, wat ’n negatiewe invloed op sy voedseldienste en groothandelaars gelei het.

Ten spyte daarvan is ’n verhoging in omset van 5,5% in euro in die 11 maande getoon.

Winkels wat in woonbuurte geleë is, het ’n verhoging in handel beleef omdat verbruikers ook daar verkies het om naby hul huise inkopies te doen.

Spar in Switserland het ’n buitengewone goeie vertoning gelewer, “grootliks as gevolg van die pandemie en die algemene inperking daar”.

“Verbruikers het gedurende die tydperk groot steun aan plaaslike kleinhandelaars gegee en beide groothandel- en kleinhandelverkope het wesenlik verhoog.”

Die omset het met 11% in Switserse frank en gedurende die laaste vyf maande met amper 20% gestyg.

Die groep se resultate vir die boekjaar tot einde September word op 18 November uitgereik.

Meer oor:  Spar  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Drankverkope  |  Kleinhandelaars  |  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Kos  |  Kleinhandel  |  Koronavirus  |  Vlak 1
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.