Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Spar se wins daal in moeilike halfjaar
’n Spar-vragmotor verlaat een van die groep se sewe verspreidingsentrums.Die aantal kiste wat deur die verspreidingsentrums hanteer is, het met 5% van 115,4 miljoen tot 121,4 miljoen kiste gestyg. Foto: Verskaf

Die Spar-groep se wins het in die afgelope halfjaar tot einde Maart gedaal ten spyte van sy omset wat met 8,6% tot R54,3 miljard gestyg het.

Graham O’Connnor, uitvoerende hoof van die groothandelaar, sê die handelstoestande was moeilik in al drie die lande – Suid-Afrika, Ierland en Switserland – waar hy bedrywig is.

Finansieringskostes het ook sy wins negatief geraak.

In Suider-Afrika het die groep se verkope aan winkels met 7,7% tot R37,3 miljard gestyg, wat die verkope van drank aan Tops en boumateriaal aan Build-it ingesluit het.

Volgens hom is sy verkope in die plaaslike mark benadeel omdat Paasnaweek later was as verlede jaar, asook die hoër lewenskoste wat verbruikers platsak maak.

Interne prysstygings vergeleke met die ooreenstemmende tydperk het 1,9% beloop. Dit is effens hoër as die 1,4% in die halfjaar tot einde September verlede jaar.

So het sy onderskeie winkels plaaslik gevaar:

  • Groothandelsverkope aan Spar-winkels het met 6% tot R28 miljard gestyg;
  • Verkope aan Tops-drankwinkels het skerp met 19% tot R4 miljard geklim.
  • Verkope aan Build-it het met 8% tot R3,9 miljard gestyg.

Spar het nou 2 308 winkels in Suider-Afrika, sowat 70 meer as ’n jaar gelede is.

Sy bruto winsmarge in Suider-Afrika het gedaal, hoofsaaklik oor die verandering in die mengsel van produkte, met drank en boumateriaal wat vinniger gegroei het.

Bedryfswins het met 5% tot R1,3 miljard gestyg.

Wins ná belasting is egter 2,7% laer tot R1 miljard. Dit is toegeskryf aan finansieringskoste.

Sy langtermynskuld het met 11% tot R3,9 miljard gestyg.

Die tussentydse dividend van 284c per aandeel is 5% hoër.

Spar se aandeelprys het Woensdag met 3% tot R191,73 in die voormiddag gedaal.

Meer oor:  Spar  |  Supermark  |  Winkelgroep  |  Resultate  |  Kleinhandelaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.