Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Spar verwag laer wins, maar nie net oor Covid-19

Die Spar-groep verwag sy wins per aandeel kan tussen 20% en 30% laer wees in die halfjaar tot einde Maart.

Spar Tops
Spar se verkryging in Pole ly ’n verlies.

Dis vir ’n tyd grootliks voordat die staat van inperking ingeskop het, en weerspieël grootliks die impak op sy resultate weens ’n onderneming wat hy in Pole gekoop het wat ’n verlies gely het.

Spar se inkomste het in die halfjaar met 10% gestyg.

Die verlies van die Poolse onderneming Piotr i Pawel is verwag omdat die maatskappy herstruktureer word en sy bedrywighede herorganiseer word.

Die proses het egter langer geneem omdat hofverrigtinge in die land opgeskort is weens die Covid-19-pandemie. Dit het die hervatting van normale handel in Pole vertraag en het ’n negatiewe impak op bedrywighede gehad.

Spar se wesensverdienste per aandeel gaan na verwagting tussen 17% en 27% laer wees in die halfjaar.

Spar sê uitgesluit die impak van die Poolse onderneming op sy resultate het die maatskappy sterk resultate getoon.

Meer oor:  Spar  |  Kos  |  Kleinhandel  |  Kruideniersware
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.