Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sperdatum vir pandemie-eise kruip nader

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) sê sy hande is afgekap oor ’n klousule in ondernemings se dekking vir sake-onderbreking wat ’n sperdatum vir die afhandeling van geskille stel.

Santam se hoofkantoor in Bellville, Kaapstad Foto: Estate Living

Dié sperdatum kompliseer sake vir ondernemings wat versekeraars se siening oor die staat van inperking in die hof wil betwis aangesien dit bepaal dat enige geskil binne ses maande van die aanvang van die sake-onderbreking afgehandel moet word, anders verval die dekking in elk geval.

’n Hofsaak tussen die hotelgroep Ma-Afrika en Santam skop op 1 September af oor die weiering om vir sake-onderbrekings weens die staat van inperking uit te betaal.

Insurance Claims Africa (ICA), ’n spesialisfirma wat versekeringseise hanteer en meer as 600 ondernemings in die toerisme-en-gasvryheidsektor verteenwoordig, staan Ma-Afrika by.

Derduisende ondernemings in die toerismebedryf wat steeds nie normaalweg sake mag doen nie, is binne weke nadat die staat van inperking aangekondig is deur hul versekeraars ingelig dat die pandemie-klousule in hul sake-onderbrekingsdekking nie van toepassing is nie.

Die versekeraars voer aan dat die pandemie as sulks nie tot die sake-onderbreking gelei het nie, maar wel die staat van inperking.

Volgens versekeraars soos Santam, Old Mutual, Guard Risk en Hollard het die staat van inperking in versekeringsterme niks met die pandemie te doen nie.

ICA het aan Netwerk24 gesê Santam doen moeite om te verseker dat die hofsaak wat hieroor spraak moet lewer, bespoedig word.

Maar selfs dit is dalk nie genoeg nie.

Die FSCA het verlede maand aanbeveel dat versekeraars afstand doen van die sperdatum, maar sedertdien het herversekeraars hul stemme dik gemaak en na húl streng kontrakte met die versekeraars verwys.

Teen die tyd dat die eerste saak tussen Ma-Afrika en Santam aangehoor word, sal ses maande reeds bykans verstreke wees.

Die FSCA is bekommerd oor hoe lank die regstryd kan duur en die implikasies daarvan vir ondernemings.

Hy raai ondernemings dus aan om individueel navraag by hul versekeraars te doen ten einde vas te stel wat gedoen kan word.

Die ICA is vasbeslote dat met die hofsaak voortgegaan moet word om ’n presedent te skep wat hopelik ander versekeraars sal dwing om uit te betaal.

Ryan Woolley, uitvoerende hoof van die ICA, is egter bekommerd oor die moontlikheid dat indien hulle wen, sal die versekeraars sal appelleer, wat die hofstryd verder sal uitrek.

Weens onlangse druk deur die FSCA het versekeraars wel die afgelope maand begin om ’n mate van verligting aan ondernemings te bied.

Hierdie “toemaar”-geld, soos die ICA daarna verwys, is egter net ’n “druppel aan die emmer” van die skade wat ondernemings wel gely het.

Meer oor:  Ica  |  Santam  |  Old Mutual  |  Sake-Onderbreking  |  Toerisme  |  Gasvryheidsbedryf  |  Versekeraars  |  Pandemie-Eise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.