Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Spoorveiligheid gaan steeds agteruit
Transnet Freight Rail wil meer vrag per spoor vervoer, maar die aantal kilometers wat sy treine in die afgelope boekjaar afgelê het, was 30% minder as in 2015, volgens die Spoorveiligheidsreguleerder.

Die Spoorveiligheidsreguleerder (RSR) is baie besorg oor die algemene toestand van spoorveiligheid in Suid-Afrika.

Die RSR se verslag vir die 2019-’20-boekjaar, wat Vrydag uitgereik is, skets steeds ’n aaklige beeld van spoorveiligheid, het Boy Johannes Nobunga, voorsitter van die RSR, gesê.

Wat die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) betref, hou die meeste voorvalle die afgelope boekjaar verband met die diefstal van bates en mense wat deur treine getref is.

Nosipho Damasane, uitvoerende hoof van Prasa, sê ’n tender is uitgereik om hommeltuie en lyfkameras aan te skaf wat Prasa, veiligheidsdienste en die polisie sal help om veiligheid in en om die spoorinfrastruktuur te verbeter. Prasa werk ook saam met Denel om tegnologie te bekom om hom in die stryd te help. ’n Veiligheidsplan is aan die minister van vervoer voorgelê.

Hier is van die syfers in die jongste verslag:

  • 264 mense is dood nadat treine hulle getref het – ’n styging van 7%.
  • 206 mense is beseer nadat treine hulle getref het – ’n daling van 8%.
  • 20 mense is dood nadat hulle gebiede buite toegewysde passasier-areas betree het – ’n toename van 11%.
  • Daar was 847 treinbotsings en 382 ontsporings.
  • Sedert 2011 is treinverkeer op Transnet Freight Rail se netwerk 24% minder, maar veiligheidsverwante voorvalle het sedert 2011 tot nou met 105% gestyg en TFR het 8% meer treinbotsings ervaar.
  • Sedert 2011 het Prasa ’n daling van 322% in treinverkeer ondervind, maar sy treinbotsings het met 19% gestyg.
  • Per 1 miljoen treinkilometes was daar wel ’n 29%-afname in ontsporings vergeleke met die vorige boekjaar.

Van pad na spoor en terug

Ondanks die regering en Transnet se verklaarde poging om meer mense en vrag per spoor eerder as pad te vervoer, toon die RSR-verslag die teenoorgestelde.

TFR se treine het van 2011 tot 2015 tussen 46 miljoen en 47 miljoen km afgelê, maar sedertdien het dit gekrimp tot die afgelope boekjaar se 32,7 miljoen km – ’n daling van 30,4%.

Prasa se Metrorail- en Shosholoza Meyl-handelsname het insgelyks gedaal van 26,3 miljoen km in 2011 tot die afgelope boekjaar se 17,9 miljoen km – ’n daling van 32%.

Prasa se passasiers wat per km gereis het, het skerp met 75% gekrimp. Die syfers sluit net ’n paar dae in van die Covid-19-inperkings wat op 27 Maart begin het – die boekjaar is tot einde Maart.

Die Gautrein het wel sy treinkilometers gereis asook passasiersgetalle per km opgestoot van sy eerste volle boekjaar in bedryf in 2011-’12 tot die afgelope boekjaar. Die aantal kilometers afgelê, het met ’n hele 643% gegroei en die passasiers per km met 41% namate die treindiens uitgebrei het.

Meer oor:  Transnet  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.