Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sportsmans Warehouse ‘skei’ gou van Long4Life

Sportsmans Warehouse en Outdoor Warehouse gaan deel word van ’n nis-kleinhandelaar met ’n fokus op sportklere en -toerusting.

fietsry, bergfiets
Sportsmans Warehouse se moedermaatskappy is Long4Life, maar dit word eersdaags saam met die res van Long4Life se afdeling vir sport en ontspanning ontknoop. Foto: Sportsmans Warehouse

Long4Life, wat dié winkels besit, gaan sy hele afdeling vir sport en ontspanning ontknoop.

Dit sluit ook die klerehandelsnaam Shelflife en Performance Brands in. Laasgenoemde is die vervaardiger en groothandelaar van Second Skins, Capestorm, First Ascent en OTGactive en verspreiders van onder meer Speedo in Suid-Afrika.

Die ontknoping sal ’n onderneming skep met verkope wat in die boekjaar tot einde Februarie R2,1 miljard beloop het.

Brad Moritz, tans hoof van dié afdeling, sal die uitvoerende hoof van die nuwe maatskappy bly.

Moritz het ook opdrag gekry om verkrygingsgeleenthede in dié nismark te ondersoek, nog vóór die beoogde ontknoping. Enige verkrygings sal die proses versnel.

Brian Joffe, uitvoerende hoof van Long4Life, het in Mei met die bekendmaking van die groep se jaarresultate gesê ’n strategiese hersiening van die groep se bedrywighede is onderneem wat alle opsies oorweeg het, insluitend om geen verandering deur te voer nie.

Hy het beklemtoon daar is nie sprake daarvan dat Long4Life besig is om uitmekaar te val of ondernemings gaan verkoop nie.

“Ons is hier op lang termyn. Ek gaan nêrens heen nie, en die bates ook nie,” sê hy.

LEES OOK: Brian Joffe het dalk plan met sportwinkels

Geen datum is nog bepaal vir wanneer die ontknoping gaan plaasvind nie en ook nie wat die naam van die nuwe maatskappy sal wees nie. Vir eers is dit “sake soos gewoonlik”, luidens ’n Sens-verklaring.

Die hersiening het ook bepaal dat die groep se nie-kleinhandelbates potensiaal het vir langtermyngroei en dat meer geld in hulle belê moet word. Dit sluit in die skoonheidsalonne Sorbet, Sorbet Man, Candi & Co, die skoonheidsprodukafdeling LimeLight en die mediese geriewe ClaytonCare.

Vir die hersiening het die beleggingsbeheermaatskappy Investec se afdeling vir korporatiewe finansiering gekontrakteer om advies te gee oor die groep se korporatiewe struktuur en fokus.

Verskeie opsies is ondersoek waardeur waarde vir aandeelhouers ontsluit kan word. Die groep het met verskeie van sy groot institusionele aandeelhouers in gesprek getree.

Meer oor:  Long4life  |  Brian Joffe  |  Ontspanning  |  Kleinhandel  |  Sport  |  Klerekleinhandel  |  Kleinhandelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.