Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Spur kla oor ekonomie wat mense se eetlus demp

Die ekonomie druk, lewenskoste is hoër, mense verloor hul werk, die krag gaan af en daar is gereeld slegte nuus oor staatsondernemings.

Spur in Suid-Afrika verteenwoordig 60,5% van die groter groep se omset.

Dit sal enigiemand se eetlus demp. Dit is dan ook van die redes waarom verbruikersvertroue negatief bly en die Spur-restaurantgroep sukkel om in sulke taai handelstoestande sake te doen.

Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van Spur, het Dinsdag verduidelik die groep se vertoning in die halfjaar tot einde Desember weerspieël die ekonomiese werklikheid waardeur Suid-Afrikaanse verbruikers in die gesig gestaar word.

Die groep se totale verkope het in die halfjaar tot einde Desember met 4,5% gegroei, maar bestaande restaurante – dié wat ook in die halfjaar tot einde 2018 sake gedoen het – het groei van net 1,2% gewys.

In Suid-Afrika het die groep 20 nuwe restaurante geopen maar vier gesluit, en internasionaal is tien nuwe restaurante geopen en vier is gesluit.

Die groep het teen Oujaarsaand 642 restaurante gehad teenoor 620 in Junie 2019. Hiervan was 83 in die buiteland, teenoor die 77 teen Junie 2019.

Die groep bedryf die Spur Steak Ranches, Panarottis, John Dory’s, The Hussar Grill, RocoMamas en nou ook Nikos Coalgrill Greek wat in Augustus 2018 oorgeneem is.

Spur Suid-Afrika verteenwoordig 60,5% van die groep se totale omset en het die afgelope halfjaar volgens Van Tonder goed presteer te midde van die ekonomiese dwarswinde.

Panarottis se totale verkope was net 1,5% beter weens kwaai mededinging van plaaslike mededingers wat hul pryse skerp verlaag om verkoopsvolumes te kan handhaaf. Panarottis het wegbeweeg van groot afslagpryse sodat sy franchise-eienaars winsgewend kan bly en om die handelsnaam volhoubaar te maak, maar dit het tesame met mededinging die omsetgroei geknou. Bestaande Panarottis-restaurante se verkope het met 1,6% gedaal as dit met die halfjaar tot einde 2018 vergelyk word.

RocoMamas is aangehelp deur ’n netto vyf nuwe restaurante, en The Hussar Grill se ryker kliëntebasis bly betreklik bestand teen die huidige ekonomiese druk, sê Van Tonder.

Meer oor:  Spur  |  Panarottis  |  Verkope  |  Burgers  |  Restaurante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.