Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Spur verwag skerp styging in wins

Die Spur Corporation se syfers vir die ses maande tot Desember gaan blink wees, maar die grootste rede daarvoor is rekenkundige aanpassings.

RocoMamas se spesiale smashburger. Dis een van die restaurante in die Spur Corporation se stal.

Spur, wat onder meer ook The Hussar Grill, Rocomamas en Nikos besit, sê in ’n handelsverklaring sy verdienste en wesensverdienste per aandeel gaan albei met tussen 32% en 37% styg.

Die groep het in die boekjaar tot einde Junie 2019 voorsiening gemaak vir ’n kredietverlies van R10,8 miljoen, waarvan R4,3 miljoen vir die ses maande tot Desember 2018 erken is. Dit hou verband met die aandele wat Grand Parade Investments (GPI) as swartbemagtigingsvennoot besit het.

GPI het op 27 Junie 10,9 miljoen van sy Spur-aandele aan Spur Corporation terugverkoop. Dit beteken dat die kredietverlies in die afgelope halfjaar omgekeer kon word.

As die uitwerking van dié en ander rekenkundige veranderinge buite rekening gelaat word, het die restaurantgroep se verdienste en wesensverdienste per aandeel met tussen 9% en 14% gestyg.

Spur het reeds in Januarie gesê restaurante se inkomste is onder erge druk, grootliks omdat verbruikers nie kan bekostig om uit te eet nie en omdat beurtkrag sake ontwrig.Verkope by al die groep se restaurante het in die halfjaar met 4,5% gegroei, grootliks danksy die opening van nuwe restaurante.

Die aandeelprys het ná die aankondiging kwalik geroer, maar was darem in ’n stadium 0,2% hoër op R24,70.

Spur reik sy tussentydse resultate op 27 Februarie uit.

Meer oor:  Spur Corporation  |  Spur  |  Rocomamas  |  Kitskos  |  Restaurante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.