Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Spur verwag sy wins gaan meer as 70% val

Die genoteerde restaurantgroep Spur verwag sy wins en kernwins per aandeel kan met meer as 70% val.

Die groep sê in ’n handelsoorsig oor die halfjaar tot einde Desember dit is deels weens sy wins in die ooreenstemmende tydperk wat ’n eenmalige inkomste uit ’n transaksie ingesluit het.

Die verwagting is dat die wins en kernwins per aandeel met tussen 72% en 77% kan daal.

Die groep het reeds einde Januarie aangekondig sy verkope gaan met 29% tot R2,9 miljard daal in die halfjaar vergeleke met die R4,1 miljard in die ooreenstemmende tydperk.

Die maatskappy het nou gemeld dat handel in Februarie verbeter het nadat die vlak 3-inperking verslap is.

“Die verbeterende handelsomgewing is bemoedigend vir die maatskappy sowel as sy franchisehouers.”

Sy resultate word 2 Maart uitgereik.

Spur se aandeelprys het Woensdag met meer as 1% gestyg nadat die handelsoorsig uitgereik is.

Meer oor:  Spur  |  Inperking  |  Pandemie  |  Restauarant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.