Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Amsa wil meer as 2000 aflê; aandeel val 14%
ArcelorMittal se staalwerke in Vanderbijlpark.

Die staalgroep ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) het in ’n handelsoorsig aangekondig dat hy met herstrukturering begin om meer as 2 000 mense af te lê.

In die handelsoorsig is gesê sy wesensverdienste gaan met R650 miljoen tot ’n wesensverlies in die halfjaar tot einde Junie omswaai.

Sy nabelaste verlies per aandeel gaan sowat 64c wees, selfs al het sy verlies in vergelyking met ’n jaar gelede gekrimp.

Die maatskappy het gewaarsku dat die eksterne ouditeure nog nie die inligting hersien het nie en dat sy tussentydse resultate met die finalisering van die resultate verder geraak kan word.

Die maatskappy het ook aangekondig dat hy met ’n art.189-proses gaan begin ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge en ’n grootskaalse herstrukturing word oorweeg. Na verwagting gaan meer as 2 000 poste geraak word.

Dit word toegeskryf aan die moeilike ekonomie en die voortslepende probleme wat die Suid-Afrikaanse staalbedryf die hoof moet bied.

“Sekere koste wat buite die maatskappy se beheer is, soos hoë elektrisiteitstariewe, spoorweg-, hawe- en grondstofkostes, het tot die probleme bygedra.

“Daarom het Amsa begin met verskeie inisiatiewe om doeltreffendheid te verbeter en na uitgawes te kyk wat binne sy beheer is. Die kostebesparing gaan egter nie voldoende wees nie. Meer wesenlike maatstawwe is nodig, insluitend ’n hersiening van die personeel.”

Amsa se aandeelprys het Woensdag bykans 8% gedaal ná die aankondiging. 

Meer oor:  Amsa  |  Staalbedryf  |  Afleggings  |  Staal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.