Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Staan opsy Nike, Apple - Chinese koop nou plaaslik

Apple en Nike moet nou maar opsy staan in China waar die selfoonreus Huawei en die kitskos-afleweraar Meituan-Dianping hulle as gunsteling-handelsmerke vervang het.

Huawei begin Apple klop as gunsteling-handelsmerk vir slimfone in China.

Die eens gesogte multinasionale maatskappye se handelsmerke verloor nou veld teenoor plaaslike maatskappye in dié land wat die grootste bevolking ter wêreld het.

Nuwe navorsing oor dié land se 50 belangrikste handelsmerke plaas Chinese handelsmerke in 30 van die 50 posisies, met Alipay, ’n filiaal van Alibaba, wat die eerste plek beklee.

Dít is ’n groot skuif sedert 2016 toe net 18 plaaslike handelsname die top-50-ranglys van die konsultantefirma Prophet gehaal het.

“Chinese handelsmerke het die sosiale media beter benut om na verbruikers in China uit te reik, sê Catherine Lim, ’n Bloomberg-ontleder.

In ’n peiling is 13 000 Chinese verbruikers gevra om handelsmerke te beoordeel wat innoverend, prakties, kliënte-georiënteerd en opbouend is.

Meituan-Dianping het vir die eerste keer die top-10-lys gehaal. Dié Chinese kos-afleweraar en verskaffer van aanlyn resensies oor restaurante gaan op 20 September noteer.

Die maatskappy het beleggings van Li Ka-shing, die Hongkongse miljardêr en die rykste man in die streek, gelok. Die peiling kan dui op groter probleme vir Apple in China – sy tweede grootste mark naas die VSA.

Apple voer ’n opdraande stryd teen Chinese mededingers soos Huawei en Xiaomi wat al gewilder raak.

Die nuwigheid van ’n buitelandse handelsmerk begin in China se grootste stede vervaag, sê Benoit Garbe, ’n senior vennoot van Prophet in Sjanghai.

“Verbruikers raak meer gesofistikeerd en ons sien plaaslike handelsmerke – die goeies – wat al meer relevant raak.”

Verskeie ander groot Westerse handelsmerke het ook uit die eerste tien plekke op die ranglys verdwyn.

  • Nike het afgeskuif tot nommer 44 terwyl BMW tot die 46ste plek geval het.
  • Estée Lauder beklee nou die 22ste plek, hoewel dit steeds die voorste kosmetiek-handelsnaam in China is.
  • Die meubel-en-huistoebehore-kleinhandelaar Ikea was verlede jaar vierde op die lys. Dit het vanjaar nie eens die top-30 gehaal nie.

- Bloomberg

Meer oor:  Ikea  |  Apple  |  Huawei  |  Nike  |  China  |  Vsa  |  Handelsoorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.