Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Stadio verwag goeie styging in wins

Die Curro-telg Stadio het nog ’n puik jaar agter die rug.

Chris van der Merwe, uitvoerende hoof van Stadio, met die groep se notering in 2017.

Die groep se kernwesensverdienste per aandeel gaan met tussen 18,9% en 29,9% hoër wees in die boekjaar tot Desember as in die 2018-boekjaar.

Die verdienste per aandeel en wesensverdienste per aandeel gaan ook met tussen 3,5% en 14,5% toeneem.

Die nuus het die aandeelprys in ’n stadium Donderdag met 8,9% laat opskiet voordat dit effens teruggesak het. Teen 13:00 was dit steeds 2,7% hoër op R1,50.

Die maatskappy gee geen besonderhede oor die rede vir die stygings nie, en ook nie waarom kernwesensverdienste – ’n maatstaf wat bedryfsprestasie weerspieël omdat dit eenmalige items uitsny – soveel meer styg nie.

Stadio is die private instelling vir tersiêre onderrig wat in 2017 uit Curro ontknoop is. Dr. Chris van der Merwe, Curro se stigter en eerste uitvoerende hoof, lei Stadio nog tot einde Maart, waarna hy aftree.

Sy opvolger is Chris Vorster, stigter en uitvoerende hoof van Southern Business School.

Stadio besit onder meer die Milpark-sakeskool, die rolprentakademie Afda, die mode-ontwerpskool Lisof, Prestige Academy en Embury. Al dié instellings is mettertyd besig om hul naam te verander na Stadio.

Die groep reik sy resultate op 5 Maart uit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.