Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Staking by Clover duur voort

Lede van die vakbond Giwusa het Woensdag ’n optog na die hoofkantoor van Clover gehou om ’n versoekskrif met eise aan die uitvoerende hoof te oorhandig.

Charles Phahla, adjunkhoofsekretaris van Giwusa, sê hulle staak al sedert verlede Dinsdag by sowat tien Clover-aanlegte oor die land heen en meer as 2 000 mense neem deel.

Clover se hoofkantoor in Roodepoort. Foto: Skermgreep

Hy sê die staking ontwrig beslis Clover se produksie.

Phahla sê die staking saam met ’n beroep van die vakbond dat verbruikers Clover se produkte boikot, gaan die suiwelgroep seermaak.

Die maatskappy het in dié stadium nie op vrae oor die staking gereageer nie.

Johann Vorster, uitvoerende hoof, het verlede week gesê gebeurlikheidsplanne is ingestel om die uitwerking van die staking op sy bedrywighede te beperk.

Phahla sê die grootste aanleg in Clayville in Olifantsfontein verskaf produkte aan Limpopo, Mpumalanga en Gauteng en al dié werkers staak.

Die werkers het begin staak nadat loononderhandelings misluk het.

Phahla het Woensdag gesê hulle gaan in die komende twee dae weer onderhandel.

Die maatskappy se aanbod van ’n verhoging van 5% terugwerkend tot 1 Julie is voorheen verwerp.

Phahla sê Clover weier om oor die vakbond se ander voorwaardes te onderhandel en wil net oor lone onderhandel.

Phahla het verlede week gesê Clover gebruik die Covid-19-pandemie as ’n verskoning om nie lone te verhoog nie.

“Giwusa en sy lede aanvaar dit nie dat werkers die prys moet betaal vir die pandemie nie. Clover SA se werkers het deur die inperking gewerk en moes hul lewe in gevaar stel om noodsaaklike voedsel beskikbaar te maak.”

Hy sê daar het nie werklike onderhandelinge plaasgevind oor werkers se eis van ’n loonverhoging van 16% nie, en die eis dat alle werkers wat deur arbeidsmakelaars in diens is, permanent aangestel moet word nie.

Meer oor:  Clover  |  Stakings  |  Suiwelbedryf  |  Suiwel  |  Melk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.